Saturday, May 16, 2009

dare to look inside..

Kuns van Varenka Paschke

"...as you work on your art, you will begin to rely more on your inner feelings and less upon the frozen image before you in the image you work from(?photo/picture)... Allow you inner feelings to direct and inspire you in design and color decisions. Seek at first to understand the technical, so that you have a sound foundation, but then dare to respond to your creative center. As the artist you can weave your own reality from the experiences around you..." Don Rankin

Tuesday, May 12, 2009

Most exciting day!..




Afgelope Saterdag... ons 1ste studente kunsuitstalling.. die dag was vol sonskyn en gedeelde opwinding tussen ons studente wie almal vir die eerste keer deelneem aan 'n uitstalling..
Was 'n wonderlike geleentheid om dit wat in my hart is met die mense naby my te deel .. vir hulle 'n prentjie te gee van daar waar ek soveel vreugde put..
My 1ste painting ('n protea) is net mooi klaar om betyds te wees vir die uitstalling ..
'n Volmaak geseende dag met die samesyn van geliefdes (familie en vriende) en my mede kunsstudente wat my hartspassie deel in 'n atmosfeer van vreugdes-viering.. met totale bewustheid van die Liefde wat deur ons vloei..

Saturday, May 09, 2009

kuns ontvlugting..


..besluit op die ingewing ons ry 'gou' Philadelphia toe vir 'n kunsuitstalling wat hul in die week in die koerant geadverteer het... Die dag is pragtig... die lig is sag en die wolke steeds watte oral oor... Ons ontdek 'n baie aangename potter met wie Hugo lank gesels... en sien ook 'n skilder daar wat die galery beman wat ons ken van die KKNK ... gesels en deel haar entoesiasme oor die kuns op hul uitstalling... Die PepperTree restaurantjie flirt so mooi met ons, dat ons in gedagte belowe om gou weer 'n draai te kom maak...

Sielprikkels..


Saterdagoggend(vorige naweek) staan ons vroeg op om net na 8h in die pad te val Baardskeerdersbos (B'bos) toe (daar is 'n ArtRoute - waar verskeie B'bos kunstenaars uitstal meestal by hul huise)... In Hermanus drink ons eers 'n ietsie warms by een van daai restaurantjies opi see... toe weer ini pad geval verby Stanford en net voor Gansbaai draai ons links in die Grootbos pad ... na so 5km kry ons die eerste Artroute bordjie ... hier sien ons nie wonderlike kuns nie, maar die venue is pragtig!! Dis so 'n outydse plaasopstal met verskeie kamers waar heelwat mense kan oornag en die uitstal venue is net langsaan waar hul kos kan bedien aan die groepe wat daar oorbly... albei geboue is reg langs 'n pragtige dam... die atmosfeer is vir my en H vol tower en daar en dan besluit ons... hierdie kan 'n wonderlike venue wees vir my verjaardag die einde van die jaar... ons het 'n oornag avontuur ingedagte en hierdie mag dalk net dit wees :)

Na nog so 10km grondpad kom ons aan in B'bos... 'n regte 'enchanting' plekkie!! Hier en daar huisies met groot pragtige ooptes van fynbos natuurskoon tussenin ... ons volgende stop is 'n klein huisie in die 'hoofstr' wat dien as Niel Jonker se uitstalruimte ... ons het hom by die KKNK ontmoet en dis deur sy vertel dat ons by Bbos se Artroute op geeindig het... die geboutjie is so effe vervalle... net die regte hoeveelheid om 'n wonderlike atmosfeer aan die kunsuitstalling te gee... die pryse sommer onder elke kunswerk op die muur in potlood geskryf...
Niel herken dadelik vir Hugo en is baie beindruk dat ons daar uitgekom het. 'n Heerlike geselsie volg!

So ry ons in hierdie dorpie vol natuur en met min huisies rond opsoek na al die venues volgens 'n klein kaartjie... ons af op 'n kerk-geboutjie wat nou dien as 'n workshop en verkoop ruimte van 'n hout-handelaar, met die lieflikste dam agteraan vol lelies wat ronddryf... by 'n volgende venue gesels ons met 'n dame wat saammet haar vriendin al 6 jr daar bly en 'n baie netjies groooot erf opgedeel het om al hul 'aanneem' diere te huisves - van beeste (almal het name!) tot bokke en 'n groot vark!... almal diere wat mishandel was op een of ander manier....

...by Joshoa Miles 'n skilder se huisie met 'n lieflik handgemaakte natuur tuintjie drink Hugo 'n 2de glas rooiwyn saam met hom na 'n heerlike geselsie ... ek moet na die tyd goedig raas en se^ teen hierdie stadige pas kom ons nie by al die kunstenaars uit nie! :)

... soos ons ry van kunstenaar na kunstenaar is ons diep onder die indruk van die ongelooflike natuurskoon ... dit het die oggend gereen en die lig was so vars op als.... die wolke groot sagte watte stukke in die lug en die fynbos gloei vol kleur oral in die velde... verskeie kere moet Hugo 'n noodstop doen sodat 'n paar fotos geneem kan word om te probeer met die onthou van hierdie besondere ervaring...