Lien Botha… die vrou wat stilte afneem…(volgens ‘n onlangse artikel in Die Burger) word op ‘n besondere wyse verbeeld deur Hanneke Benade..
… “the knowledge that the visible world harbours a ghost; that that which is seen conceals as much as, if not more than, it reveals”… Ashraf Jamal oor Lien se werk
Op my soektog na inspirerende beelde vind ek in ‘n VISI tydskrif van verlede jaar ‘n vygie… soos afgeneem deur Lien Botha…
“Geduldig wag hul op reen, soms jare lank. Dan, as dit reen oor die ooptes, het jy ‘n vygiejaar. ‘n Week of wat na die reen kom die toegif. Wag vir ‘n windlose dag sonder wolke en gaan sit teen ‘n klip met ‘n uitsig oor die vlak. Vaal, vaal, vaal tot die middaguur en dan, plotseling, gebeur die mirakel. Tesame maak die blommetjies oop. Voor jou oe sien jy hoe kleur vloei van satyn na die flikkerglans van suiwer tinte”
”My voorstoep kry die son uit die weste en dit bak soos ‘n hoogoond. Op elke trappie het ek ‘n erdepotjie met ‘n vygie daarin, die bogrond toegepak met koffiekleurige spoelklippies. Soggens, as ek koffie drink op die boonste trap, bekyk ek hulle. Byna so immobiel soos fossiele staan hulle jaarlank tot daar skielik, oornag, ‘n blomknoppie verskyn. Daardie dag probeer ek tuisbly en wag tot die son tref, want ek weet dat die blom net vir my gaan bloei.”
“Uit dorheid en grint, teen middag, breek hul die lig.” Dave Pepler
Later in die artikel se^ Allan Davies; “Hoe gelukkig is ons nie in Afrikaans om ‘n woord soos ‘vygie’ te he^ nie. Teen die Engelse mond vol – die Latynse Mesembryanthermum – is dit mos nou soos ‘n druppel heuning op die tong: soet en vlugtig.”