Saturday, June 28, 2008

promosie van 'n passie



French toast girl

Ek is baie opgewonde... is in die proses om 'n miniatuur klein besigheidjie aan die gang te kry... met my eie website en al! Daarna kom die promosie gedeelte wat ek ook so min of meer al bedink het... In die proses kom ek op Keri Smith se kreatiewe kyk na promosie af:


"Don't promote to target your audience. By all means send things out into the world, but don't think in terms of "promoting to get work". Send stuff out because -you're proud of it, -you want to share something with the world, -it's fun to get mail, -to have good karma, -you want to spread your germs, -you like licking stamps. Try sending a postcard of something you made for fun, (i.e. directions on how to make a finger puppet). When thinking of subject matter for promotions look to your current life. If you deal with topics that are important to you a piece will have much more life to it."

Sunday, June 22, 2008

Hoop

'n Tuinblommetjie

Na 'n Kaapse winterreentjie breek die son vanmiddag sag, subtiel, delikaat deur die gryswolke en word die blommetjies in ons tuin se kleure 'n paar skakerings helderder... Net so wens ek vir almal subtiele sonstrale wat delikaat sal verhelder, daar waar hoop plek plek in ons lewens bly talm...

Friday, June 20, 2008

My Brother's Book

Ons afgelope Boekklub boek - regtig die moeitewerd!!


"My Brother’s Book tells a story of betrayal and atonement that spans the lives of two siblings from their nomadic childhood in the Eastern Cape in the 1960s, to their adulthood in 2004 in Johannesburg. While the nation struggles to come to terms with its past, Lily struggles with her guilt about her careless betrayal of her brother, Tom, which destroyed his life and their relationship. Tom confronts this fraught past by writing a memoir. But both Lily, and Tom’s former lover Miranda, take issue with the way his book remembers their shared pasts. The two women begin to unravel “the way it really was”. They tell a story of love and loss, of revolutionary fervour – and failure. As the past unravels, so do Tom’s certainties about his relationship to his estranged family and to his nation. His life is thrown into further confusion and chaos as Lily uncovers a secret that will force him to confront his past. " van die Exclusive's Books site

Tuesday, June 17, 2008

Son onder...

Bikini-beach, GordonsBaai

Ek dobber-dryf op helder drome voort
Dig druppel-vreugdes aanmekaar…
…wat tot strome drome hoort

Skrik… in vlak water wakker

Skielik… sonder vlerke

Stil… in ‘n winter we^reld

Tower-trane huil ‘n rivier raak
’n voetpad-straal word oopgekraak

Die reen-lag van ‘n kind
wat skielik vreugde vind
word ‘n versnelling in die stroom

my grys hart… oomblikke weg
van die skemer-oseaan wat drome heg?

Friday, June 06, 2008

Melanie Ford Wilson

Melanie Ford Wilson

Ontdek hierdie amazing illustreerder...


Thursday, June 05, 2008

ek besluit


“Die oomblik wat jy besluit om nie toe te laat dat iets jou waardigheid, jou vertroue in ander, jou hoop in die toekoms en jou toegewydheid tot die volledige mens, wie jy is, vernietig nie, hou jy op om ‘n slagoffer te wees…”
-Die Burger