Afgelope Vrydagoggend aan die begin van die Woordfees trek
ek met ‘n vaart weg uit Durbanville en 12h sit ek reg in die Ouditorium van die
Gericke Biblioteek om na ‘n gesprek te luister tussen Abraham de Vries en Dave
Pepler... oor die immergroen Jan Rabie...
...en was daar gesels!
Van Dave se 1ste ontmoeting met Jan Rabie wat saamgeval het
met ‘n besoek deur hom en Hennie Aucamp aan Uys Krige. Tydens die ontmoeting se^ Dave het hy baie
taai seekos geeet deur Jan voorberei, maar ook die heerlikste ‘selei’-jellie
gemaak van seebamboesbaard. So onder die
indruk was Dave van hierdie jellie, dat hy volgens Jan se oorspronklike resep
weer so ‘n jellie maak en vir ons almal na die gesprek laat proe!
In 1952 ontmoet Abraham vir Jan in die Paarl waar hy
rondloop in ‘n jas in die Paarlse somer!
Jan was ‘n hippie is hulle eens... altyd geaard... met ‘n
aardgebonde liefde vir Afrikaans.
“Oral waar Jan was was die aarde en die aardse nie ver nie”.
Hy kon nooit Suid Afrika of Afrikaans uit sy gestel kry nie. Hy was skaamteloos die grootste taal patriot vir Afrikaans wat ek ooit meegemaak het – Abraham.
“Oral waar Jan was was die aarde en die aardse nie ver nie”.
Hy kon nooit Suid Afrika of Afrikaans uit sy gestel kry nie. Hy was skaamteloos die grootste taal patriot vir Afrikaans wat ek ooit meegemaak het – Abraham.
Ons hoor interesanthede soos dat Onrus sy plant en see
straatname van Jan gekry het!
In Chevie Place (dis die naam wat ek hoor) nr.6 waar Jan en
Marjorie vir ‘n tydlank bly in Kaapstad is daar gereelde kuiers tussen al die
60’gers. Jan maak self al die boekrakke
en rame vir Marjorie se skilderye. So
verf Marjorie ‘n skildery van ‘n venster met gordyntjies teen die een muur en
met een van die kuiers by hulle... kap ‘n kuiergas sy kop ‘n vreeslike hou teen
die einste ‘skildery’ toe hy sy kop by ‘n venster wou uitsteek om bietjie vars
lug te kry! Die res van die aand bly hy blykbaar net aan die prewel; ‘oh, my
head’.
Breyten Breytenbach het in daardie selfde tyd in ‘n woonstel
bo-op ‘n kroeg gebly aan die onderkant van Langstraat, saammet ‘n ene
Marius. Hulle het oa ‘n mak spook aan
huis gehad, wat vreeslik gelieg het. Tussenvertellings soos hierdie help my met die skep van 'n daardie tydse we^reld en dit help so om Jan en Marjorie beter in hul we^reld
te plaas.
Abraham vertel van Jan se mooi stem, wat hy vergelyk met ‘n
‘klein mannetjie wat agterin ‘n grot staan en praat’.
Jan en Marjorie het werklik ‘n aardse lewe gelei. Met die
pekel van Jan se 1ste oes olywe val 2 baba katte daarin! Hulle word gered en die olywe word steeds
ingemaak!
Hulle het die see gehad op Onrus... so bad was vir Kerstyd!
Hulle het die see gehad op Onrus... so bad was vir Kerstyd!
Dave en Abraham haal tipiese ‘Jan-sinne’ aan:
“Ons moet die moed he^ om met trots en skaamte te bemin”
“Niks wat goed geleef is, gaan ooit verlore nie”
“Ons moet die moed he^ om met trots en skaamte te bemin”
“Niks wat goed geleef is, gaan ooit verlore nie”
Uiteindelik na Jan en Marjorie se dood word hul huis in
Onrus verkoop met ‘n enkele bordjie voor die huis: “For Sale”. Hieroor giggel Abraham op sy tipiese manier
en se^ hy is verbaas dat Jan nie self daar opgedaag het nie! Dit nou oor die
Engelse verkoopteken voor hul huis!
Na die praatjie kry almal ‘n kans om die dokumente in die Jan
Rabie-versameling in die Dokumentesentrum van die biblioteek te besigtig.
Die volgende dag gaan kyk ek die fliek, Midnight in Paris...
en onwillekeurig wonder ek of ek nie vir twaalfuur moet gaan wag in Onrus of
dalk e^rens in die Kaap... en dat ‘n motor uit die sestigers nie dalk vir my
sal oppik en wegvoer na ‘n kuier saammet hierdie besonderse woord en kuns mense
nie.
'n Welbekende foto van Jan en Marjorie op reis...
Die mense proe almal na die praatjie aan die 'seewier' jellie wat Dave Pepler op Jan se oorspronklike resep gemaak het...
2 comments:
Jy is bevoorreg om hierdie te kon bywoon. Dankie vir die interessante vertelling!
Groot plesier gewees... lekker om te hoor iemand het die vertelling geniet.
Post a Comment