Ons eerste ervaring van
hierdie vrou wat baie mooi maak met Afrikaanse woorde en dan boonop het sy ‘n
stem wat hierdie woorde behoorlik vlerke gee.
Met ‘Storielied’ bied Luna
‘n besonderse vertoning, wat bestaan uit Afrikaanse liedjies wat sy geskryf het
na aanleiding van inspirasie wat sy gekry het uit die lees van bekende
Afrikaanse boeke.
‘n Verjaardagpartytjie van
Margaret Bakkes waartydens sy gevra is om te sing het die ontstaan van die
eerste liedjie vir hierdie vertoning ‘gespark’... ‘Populier, Populier, altyd
kom die somer weer’... wat handel oor die natuur en hoe dit genesing bring.
Ingrid Winterbach se ‘Boek
van Toeval en Toeverlaat’ ... inspireer ‘n liedjie wat handel oor die
worsteling tussen die wetenskap en godsdiens.
In Jeanne Goosen se bundel
‘Straataf’ inspireer die storie ‘Moord is nie ‘n videospeletjie nie’, ‘n
liedjie genaamd ‘Dis lekker aan die anderkant’.
Die sexy Schalk Joubert is
uitstekend op sy stylvolle donkerrooi baskitaar... terwyl Kevin Gibson sy ding
gedoen het met ‘n lewendige groen stel dromme.
Piet de Beer is op viool en Jenny op tjello.
Van die ander boeke
waaruit sy inspirasie put; ‘Die Ambassadeur’
deur Andre P Brink, Nicky Pistorius se
boek ‘Sorg’ , Elias Nel se ‘Iets goed
uit Verneukpan’ (‘n oulike liedjie wat gaan oor ... is jy Korhaan of is jy
muisvoelman...), Dana Snyman se storie, ‘Ouma se hande’...
“My ouma is ‘n klein klein voeltjie wat uit die boom geval het, sy skuil nou onder bossies... haar hande sag in myne gevou, sodat ek die we^reld buite kan hou”
“My ouma is ‘n klein klein voeltjie wat uit die boom geval het, sy skuil nou onder bossies... haar hande sag in myne gevou, sodat ek die we^reld buite kan hou”
Sjoe, met haar diep
rokerige stem vol energie, maak sy haar woorde-liedjies lewendig vir haar
gehoor.
No comments:
Post a Comment