Friday, October 31, 2008

Passie...

Marlene van Niekerk

In die nuutste "Bravo" tydskrif beskryf Ingrid Winterbach Marlene van Niekerk se stem oa soos volg...
"Dit se^: Ja. Kom. Ek stel my oop vir die we^reld. Vir kennis. Vir ontsetting. Vir inval, vir openbaring."
Hierdie woorde weerklink in my en vind hul rus oral tussen my passies...

Thursday, October 30, 2008

Leer van kuns...

My eerste tekening
...was weer vanaand na my kunsles... wat 'n gevoel van oorvloedigheid wat ek ervaar met die terugry huis toe... daar is soveel strominge van liefde en sagtheid en mooi... dis waarlik 'n wonderlike spasie om een keer 'n week in rond te beweeg... 'n plek van heelwording...

Thursday, October 23, 2008

Oppad...

Oppad... sien uit na ver ry... na 'n bietjie droom... na 'n bietjie lees... stap langs die strand... kuier met vriende... 'n skets of 2 se maak... laat slaap... 'n trou-fees meemaak... rustig raak... saamwees ... wegwees van die alledaagse... vrede...

Saturday, October 18, 2008

naby kyk...

Hugo se maaksel
Detail... tot in die fynste besonderheid... dit gee my energie... net daai glims wat mens soms kry van detail tot buite sy 'alledaagse' grense... Die bietjie meer as wat gewoonlik aan aandag gegee word... Dis 'n groot kosbaarheid en spesiaal'geit'... om tyd te spandeer... om met 'ander oe' te kyk... te eksperimenteer... en uiteindelik te voel soos 'n waarnemer van die kreatiewe proses... hoe dit sy eie lewe ontwikkel... en dit jou meevoer na onbeplande plekke wat verras en bederf!

Friday, October 17, 2008

oomblikke stilte in Oktower...

Ons tuintjie
Afgelope Sondagmiddag... oomblikke van stilte en rus... oomblikke van lewendig voel en kosbaarheid ervaar... in die lente sonnetjie agter in ons tuintjie vol blommetjies wat wild blom in lukrake rigtings...
Die windjie kom maak krulpatroontjies om my kaal arms en tone...

Wednesday, October 15, 2008

Om te bly glo in die goedheid van die lewe

Lees die volgende stukkie in 'n tydskrif raak en voel hoe dit in myself 'n eggo vind...

"Dit is die grootste dapperheid om die we^reld te sien presies vir wat dit is (in al sy kwesbaarheid en pyn, maar ook om mense se basiese goedheid te erken), en om dit dan lief te he^ presies vir wat dit is" ...Romaine Rolland

Tuesday, October 07, 2008

tyd vir... detail

skets van Laureline
My 4de kunsklas vanoggend beleef... met baba-treetjies ontdek ek lyn en skaduwee... word ek tyd gegee om op te let na die skakerings van donker in die donkerder dele van 'n prentjie... tyd om na 'n prentjie te kyk met alle aandag... 2cm vir 2cm blokkie... op 'n slag. Deeltjie vir deeltjie kry die prentjie lewe onder my hand... met 6B, 4B, 2B en 'n B-potlood... Daar is SO baie energie in die ontdek van iets wat jy nooit gedink het jy sal kan doen nie!

Monday, October 06, 2008

'Gentlemen' van die Afrikaanse taal


Beleef Saterdagoggend hierdie heer van die Afrikaanse taal... met die bekendstelling van sy nuutste digbundel, "Vlamsalmander".
Soos Louis Esterhuizen tereg se^ is Hennie Aucamp 'n fyn woord-mens... met 'n geweldige taal-gevoeligheid! Tydens sy welvoorbereide praatjie los Hennie Aucamp ons met 'n klomp prikkels tot nadenke!
"As Hennie Aucamp 'n vers gelees het, dan bly hy gelees!" ...Louis Esterhuizen