Monday, November 21, 2011

Stellenbosch se beelde...







30 beelde oral in Stellenbosch herdenk 2 dekades van Suid Afrikaanse beeldhou.  Van die meer tradisionele beelde... tot 'n beeld wat die hoeveelheid grond (6 voet) bo 'n kis voorstel... asook 'n klomp klere gehang aan wasgoedlyne - genaamd 'Gekleurde gebede'...
In Dylan Lewis se uitstalruimte laat sy 'koffietafel' my dagdroom van Rodin...

Sunday, October 09, 2011

Hekelkuier




Op 'n Saterdagmiddag kuier ek en twee vriendinne heerlik rondom hekelpenne en sjokolade koek.  Ek is besig met 'n 'blommetjie-kombers' en die twee vriendinne wil die blommetjies leer hekel...
Die een blommetjie word 'n amper-klaar borsspeld en die ander blommetjie vorder nie verder as sy middel nie - die wol was dik en die stewige binnekant herinner aan 'n ring... 1...2...3 het ons 'n knopie binne in gewerk en my geliefde buig 'n stuk stewige koperdraad vir die ring... die wolring word vasgewerk aan die koperdraad en 'wha'la' ... 'n oulike ringetjie.
Die sjokoladekoek wat saammet die kuier gegaan het ... is uit die nuutste RooiRose en aanbeveelbaar!

Saturday, September 17, 2011

Inspirasie van 'I love pom-poms'





Lees Cornel Strydom se blog, 'I love pom-poms' raak en kan nie ophou kyk na al die inspirerende fotos van hedendaagse hekelwerk nie!

Sunday, September 11, 2011

Inspirasie en Lauren Fowler




In die afgelope maand besoek ons 'The Fringe' in Kloofstraat in Kaapstad en leer ken ek die werk van Lauren Fowler.  Hier is 'n gedeelte van 'n inskrywing op haar blog wat my grootliks inspireer:

"I was born, 1985, cape town city bowl.
I drew 8 legged butterflies.
I went to school and hated my drawings and had holes in my knitting.
I went to high school and doodled cartoons of me and my friend kim.
I went to college and learned about scamping and drew motorbikes.
Then, one evening, my brother mentioned how he loved that my characters had such a range of emotions with such few lines.
Then. I saw it too.
Then other people saw it.
My confidence grew as I drew and eventually, very quietly, I tried calling myself an illustrator. 
It felt nice. I did it more often. I told everyone, I told the magazines, I told the agencies.
Now it’s on my business card."

Sunday, September 04, 2011

Lauren Fowler by The Fringe

Pic van 'The Fringe"

The Fringe in Kloofstraat het 'n inspirerende seleksie van SA ontwerp in hul winkel.  Lauren Fowler is op die oomblik hul 'resident artist' en sit in die winkelvenster besig met oa kruissteek werk. Sy inspireer my behoortlik met haar moderne aanslag!

Onlangse hekelprojekte





Ek het hekel agtergekom.... wat 'n stress ontlaaier!

Monday, May 09, 2011

ons rit na Betty se baai




Statiese geel konfetti blommetjies langs die pad... Branders maak moeiteloos kragtoertjies... Rooi-bruine, geel, oranje, pienke, vuur gevang in klip! Droe protea'skaduwees teen gebrande berghange. Net voor Rooi Els word die klippe langs die pad gestroop van kleur - witgrys. "Van die vreemste goed het jy sin gemaak" sing Lize op die CD in die motor.
Na Rooi Els is daar vlaktes fynbos wat groen-geel blink as die son daarop skyn... andersins le^ hul koel en klam die vallei vol.
Pringlebaai wink regs maar ons hou reguit aan.
"Journeys end" 'n blyplek net langs John the Potter se^ dan nou ook hoe dit vir ons is...
John the Potter se warm gekleurde potgebak verwelkom ons en salig muse ons tussen donker smeulende rooie, goud en purper...
My oe trek spontaan op skrefies vir die grys-glinsterblink see as ons oor die berg kom terug by Rooi Els verby.
Die berge op die pad geyk majestueus elegant gevou tot teen die see... die pad wat ons volg net 'n kielie aan hul voet...
'n Toevallige seemeeu hang soos 'n kindertekening in die wind.
Golwe skuim en breek uit in 'n fynsproeier oor groot rotse.
Dan 'n stukkie gladde seesand met branders wat uithardloop asof deel van die groot kat familie opppad na 'n prooi...
Lize sing van die genade water in die Karoo en ek verstaan van 'n ander plek se waterseen...

Saturday, March 26, 2011

Woordfees: Andries Gouws






Andries Gouws se skilderye van voete trek deesdae aandag... maar sy stil interieurs vang telkens my oog....

Kuns: Woordfees





Ons is besig om in te pak... vir die 'groot trek' na 'n nuwe huis. Dus is dit ons nie hierdie jaar beskore om baie vertonings by die Woordfees in Stellenbosch te gaan kyk... soos gewoonte dit gehad het... ander jare nie.
Maar die kuns kon ons nie mis nie en gaan doen die ander dag 'n rondte by al die kunsuitstallings... die 'tower' we^reld van Ruby Mary Olive Reeves se detail skilderye is iets om te sien! ... detail aan baie ander skilderye trek ook my aandag...

Sunday, February 06, 2011

positiwiteit...

'n Marieke Prinsloo beeld op die Seepunt promenade

Altyd lekker om positief te voel... kans te sien... uit te sien na more. Die lees van een van my gunsteling blogs, "My Kop op 'n Blok!", het 'n heerlike aksent kom sit op die gevoelens in my.

Die inhoudsopgawe van een van Richard Branson se boeke ("Se maai, laat waai"):

1 Doen dit net!

2 Geniet dit

3 Wees dapper!

4 Stel vir jouself uitdagings

5 Staan op jou eie bene

6 Lewe in die oomblik

7 Waardeer familie en vriende

8 Betoon respek

9 Doen goed.

Tuesday, February 01, 2011

'n Henk Serfontein rondleiding





Afgelope naweek gaan bekyk ons die kuns by die Suidoosterfees in die ArtScape... 10h30 meld ons aan vir 'n rondleiding deur die kunstenaar, Henk Serfontein... Hy is die kurator van die Suidoosterfees se kunsuitstalling genaamd, 'Terpentyn'...

Ons het baie uitgesien om die man agter die skilderye te beleef... en wat 'n bederf! Henk maak die kuns van die wye verskeidenheid kunstenaars so ongelooflik toeganklik met sy gemaklike manier van vertel - in die mooiste Afrikaans! en met 'n heerlike hoeveelheid kennis oor kuns...

Van die post-modernistiese interpretasie van die verlede deur Anton Karstel, met sy kunswerk se atmosferiese Monet gevoel...

... tot die painting deur Wonder Marthinus, wat jare op Tafelberg gewoon het en nou in 'n kunsateljee sy werke maak... kunswerke vol fragmentasie en suggesties wat 'n mens intrek en wil probeer ontrafel...

... Ricky Daloyl... wat 'n grootse painting lewer... vol beweging en kleure van die grond...

en natuurlik praat Henk ook oor sy eie kuns... daardie manjifieke nagtonele... waar plek en drama meer word... oomblikke van transisie... 'n moment... 'n stilte... net jy besig met die beeld voor jou... eienaarsskap.

Saturday, January 15, 2011

Die patroon vir 'n vakansie...











Ons gaan hou 'n seevakansie en oral trek patrone my aandag... op 'n kragboks langs die pad in Mosselbaai... die kantgordyn in ons seehuisie op Glentana en sy 'novilon' vloer... die retro-strandhanddoek... die tafeldoek by 'n eetplekkie genaamd, 'Tafeltjie dek' in Groot Brak...