Saturday, October 31, 2009

Kamersvol lekkerte...











fotos in ondergenoemde website gevind


Gaan stap vanmiddag op de Morgenzon wynplaas... in pragtige natuurskoon gelee... se 'Kamersvol geskenke' gebeurtenis..
Van die parkeer area stap jy al met 'n damwal tot by 'n oase van hoe bome en grasperke...
lang tafels met hope mense wat kuier... en met verloop van tyd string jy ook deur al die kamers vol geskenke...


Van my gunsteling ontwerpe maak my lekkerkry... en weer kyk...


Flowermill se grafies pragtige kaartjies...
Ladypeculiar se juwele...
Ceramics van vanilla concrete... met verrassende ontwerp en woorde...
Karen Kotze se delikaat ontwerpte ceramics...

Sunday, October 25, 2009

This is you!

Pic van Jen Gray website

Friday, October 23, 2009

Stef Bos se nuwe CD

"De liefde is ongeveinsd. Weest afkerig van het kwade en gehecht aan het goede. Weest elkander in broederliefde genegen."

Dat was de tekst die handgeschreven op de eerste bladzijde van mijn eerste Bijbel stond. Een opdracht van mijn vader.
Dit boek was een onderdeel van mijn vorming.
Dit boek is een onderdeel van onze cultuur.
Dit boek is niet het bezit van welke denkrichting dan ook.
Dit boek kan onze wereld beklemmen en onze verbeelding vrijmaken.
Het kan een dogma zijn, of een inspiratie.
Dit boek heb ik herlezen en de twaalf liederen die volgen, zijn er uit voortgekomen.

Stef Bos, 2009

Sunday, October 18, 2009

storm en stilte...

'n Na-skildering wat ek onlangs gedoen het van 'n skildery van Jean Welz... oomblikke stilte in hierdie 'stil-lewe' ...
... ek wonder deesdae... waar vind mens die balans tussen stilte en die besige gejaagdheid van die lewe en dan nog die passies (jou hartsbegeertes) wat jou ook so jag vir aandag...

"Die storm en die stilte
Die son en die maan
Daar's altyd twee kante
Wat in ons bestaan"
...Stef Bos

Saturday, October 10, 2009

botanies van 'art'




Random botaniese tekeninge van die internet..
Gerhard Marx, 'n kunstenaar van Oudtshoorn praat in 'n onlangse tydskrif artikel daaroor dat kuns vir hom 'n manier is om sy geesdrif uit te leef...
Sjoe.. en het my geesdrif nie uitgespring en om my kom dans met vanoggend se 1ste botaniese tekenklas nie!..
Onder leiding van Marieke Kruger sit 12 van ons met ritse lang papiere en 'n hibiskus blom aan 'n tak voor ons... 2ure van fokus op detail... en regtig kyk... van naderby... vir my (sonder teken agtergrond) 'n geweldige uitdaging... maar met baba-treetjies verbaas ek myself en ek kyk met 'n glimlag hoe geesdrif sy dansies maak...
"People say talent is the thing. I don't believe so, I think longing is" Judith Mason

Tuesday, October 06, 2009

bederf... stilte... Adriaan Boshoff


‘n Onverwagse aftydjie van die werk en als wat moet gedoen word.. oomblikke stilte bederf my.. ek kry kans om sonder opvlieg en jaag uit die bed te klim.. om koffie te drink en ‘n paar bladsye uit my nuwe boek, Girl who kicked the Hornets’ nest, te lees.. ek word meegesleur in die verhaal van Stieg Larrson.. en vir ‘n oomblik kan ek laat gaan en meegevoer raak in hierdie verhaal..

Na nog ‘n beker koffie ry ek sonder haas na my gunsteling kunswinkel… gaan soek potlode… ‘n sketsboek… vir ‘n tekenklas wat die naweek begin… die klas het ‘n botaniese tema … en ek verloor my vir ‘n rukkie in die boekwinkel langsaan... 'n blomme boek… geillustreer met botaniese korrektheid…

My parkeerkaartjie wys dat die halfuur gratis parkering reeds verstryk het… dus loop ek nuuskierig nog ‘n draai deur die gallery daar naby… my verbeelding word aangegryp deur die impressionisme van Adriaan Boshoff… die vryheid van sy kwashale en die rykheid van kleur… inspireer my… voed my siel…

Die grootste bederf is om nou hier te kan sit en weer oor my ervaring te kan dink… en ‘n tydjie te he^ om dit wat in my gebeur het tot woorde te bring…

Monday, October 05, 2009

Lien Botha, die stilte en vygies...


Lien Botha… die vrou wat stilte afneem…(volgens ‘n onlangse artikel in Die Burger) word op ‘n besondere wyse verbeeld deur Hanneke Benade..

… “the knowledge that the visible world harbours a ghost; that that which is seen conceals as much as, if not more than, it reveals”… Ashraf Jamal oor Lien se werk

Op my soektog na inspirerende beelde vind ek in ‘n VISI tydskrif van verlede jaar ‘n vygie… soos afgeneem deur Lien Botha…

“Geduldig wag hul op reen, soms jare lank. Dan, as dit reen oor die ooptes, het jy ‘n vygiejaar. ‘n Week of wat na die reen kom die toegif. Wag vir ‘n windlose dag sonder wolke en gaan sit teen ‘n klip met ‘n uitsig oor die vlak. Vaal, vaal, vaal tot die middaguur en dan, plotseling, gebeur die mirakel. Tesame maak die blommetjies oop. Voor jou oe sien jy hoe kleur vloei van satyn na die flikkerglans van suiwer tinte”

”My voorstoep kry die son uit die weste en dit bak soos ‘n hoogoond. Op elke trappie het ek ‘n erdepotjie met ‘n vygie daarin, die bogrond toegepak met koffiekleurige spoelklippies. Soggens, as ek koffie drink op die boonste trap, bekyk ek hulle. Byna so immobiel soos fossiele staan hulle jaarlank tot daar skielik, oornag, ‘n blomknoppie verskyn. Daardie dag probeer ek tuisbly en wag tot die son tref, want ek weet dat die blom net vir my gaan bloei.”

“Uit dorheid en grint, teen middag, breek hul die lig.” Dave Pepler

Later in die artikel se^ Allan Davies; “Hoe gelukkig is ons nie in Afrikaans om ‘n woord soos ‘vygie’ te he^ nie. Teen die Engelse mond vol – die Latynse Mesembryanthermum – is dit mos nou soos ‘n druppel heuning op die tong: soet en vlugtig.”