Monday, September 22, 2008

oopgebreekte liefde...

In stede van verbeelding het ek jou gekry

Een jaar terug het...
"... die feestafels gedek gestaan... die musikante het sluimerend gewag in hul manelle... soos dromende pikkewyne... met die aandster het die krieke in die vlei geskree... en ek het asemloos geluister vir jou voeteval"

Water... druppel-draers van reiniging... was ons wonde ...bring seen deur familie en vriende en oorvloed aan mekaar...

Sout... die bemiddelaars van oorgang ... die afskeid van die vorige en die begin van 'n nuwe...

Blomblare... boodskappers van troos, heelheid en hoop... herinner ons aan wat suiwer en goed is... dit bring ons by die lewe en die liefde en die fees wat ons vier...

My geliefde... ek wil jou altyd naby my he^, as beste vriend en geliefde!

Thursday, September 11, 2008

Kunsles

'n Skets deur die French Toast Girl

Vanaand was my 2de kunsles... dis 'n wonderlike plek... sonder pressure... waar ek net kan wees... sonder vrees... sonder verwagting... waar ek kan speel... waar ek myself kan verras... waar 'n storie visueel 'n vorm kry... waar ongekompliseerde liefde rond'float'...

Tuesday, September 09, 2008

Passie x 3








Beleef hierdie 3 kunstenaars... Marieke Prinsloo(beeldhouer), Carina Stander(digter en kunstenaar) en Francois le Roux(musikale genius)... vanaand by die Breytenbach sentrum in Wellington... 'n wonderlike aand propvol passie wat weereens die vure van passie in my laat opvlam...

Wednesday, September 03, 2008

Q and A


"Q and A" deur Vikas Swarup pas klaar gelees. Aanbeveelbaar!!