Thursday, January 22, 2009

'n Kuns...


Alessandro Papetti

Ontdek vanaand die wonderlike kuns van Alessandro Papetti! ... ag dis sommer olie op my passie binne-vure!
Vanaand my 1ste kunsklas vir die nuwe jaar gehad... en ek had 'n paar oomblikke wat vrees my kom vertel... hierdie amper klaar painting wat die hele Des - tot in die nuwe jaar, in jou sitkamer staan en vir jou kyk... jy gaan nou verkeerd maak as jy verder gaan werk aan hom!
Gelukkig is my kunsjuffrou daar om my te herinner... ek moet speel... ek moet goed uitprobeer... ek moet die banggeit laat gaan... speel hom moeg!

Wednesday, January 21, 2009

Woordkunstenaar verjaar!

Hierdie absolute passievolle omganger met die woord het gister 75 jaar oud geword!!

Woorde deur Hennie Aucamp:
'n Windharp teen die tyd
"God skenk ons liedjies in die nag"
-dit staan in Job en die Psalms-
want dan eers raak sy we^reld stil,
gesuiwer van ons walms.

Dan eers raak die denne hoorbaar
met winde van die uur:
dan eers raak die sterre leesbaar
met silwer binnevuur.

Stokou denne langs my huis
sing naglank monoloe,
praat groot en hees en digterlik
en stem jou ingetoe

Dan eers kan ek jou onthou
soos jy eenmaal was vir my:
en sing ek met my bome saam
en stel my liefde vry.

Glinsterpunte van die sterre
in dieptes van oneindigheid
reik uit en vang ons liedjies op:
'n windharp teen die tyd

Saturday, January 17, 2009

harts-tog-telik


deur David Gignac
"Great works of art pass through us like storm-winds, flinging open the doors of perception,
pressing upon the architecture of our beliefs with their transforming powers. We seek to record
their impact, to put our shaken house in its new order. Through some primary instinct of
communion we seek to convey to others the quality and force of our experience"
...George Steiner

Sunday, January 11, 2009

Somers...














'n Heerlike somersdag Saterdag in Kalkbaai... ons explore... ek gaan loer in by Beatnik Bazaar, die cute'ste plekkie, met die amazing'ste kuns van kunstenaars in en om Kaapstad.
Die ArtVark gallery winkel het 'n vriendin van ons, Lizette Liebenberg se figuursketse ... lieflike kuns!!
Die KalkBay Modern het 'n tekstiel uitstalling... wat insluit Bokkie skoene - so amazingly gemaklik en verfrissend Suid Afrikaans! en klere/tekstiele ontwerp deur Sway... beautiful!!
Die son is skerp en die kleure oral om ons is intens... van die blou lug... die berge... die winkeltjies elk in hul eie unieke bloue, gele (die kwekery) , pienke... witte (Cape to Cuba) tot die see getooi in 'n donker blou vol wit seeperdjies... en strande kleurryk versier met baaiers... heerlik somers... vry...

Sunday, January 04, 2009

Stil tyd... saammet woorde...











Min dinge so rustig vir my as om tyd te verwyl tydens 'n heerlike somers laatmiddag op ons tuin bankie met boeke... Arvo Part se Alina net net hoorbaar van binne die huis en die heerlike geure van 'n kruie hoender gereg wat prut op die stoof... 'Splendidly happy!'...

"you cannot see your reflection in running water, only in stil water" zen se^ ding

Thursday, January 01, 2009

the path... into 2009

'n Kiekie van 'n oomblik op my reis deur die lewe

Vir 2009 wens ek vir genoeg stilte en dissipline om te kan hoor waar my eie unieke pad is... waar is die beste plek vir my om ten volle authentic(getrou aan my eie unieke self) te wees... waar presies is my eie unieke waarheid... waar moet ek wees om vir die mense om my 'n blessing te kan wees...

"...elkeen van ons het 'n pad, jou eie voetpaadjie wat net deur jou eie voetspoor oopgetrap kan word... elkeen 'n baie unieke pad... jou binnelandskap se paadjies...
Hierdie paadjies wys nie sommer hulself nie... hy wys homself eers wanneer jy reg is daarvoor... maar as jy jou pad eers het, loop jy hom in jou waarheid...
Dis die geloof in jou waarheid wat jou binnelandskap se paadjies oopmaak..."
-Antoinette Pienaar, Boeke-Insig

"It is better to live your own destiny imperfectly than to live an imitation of somebody else's life with perfection. So now I have started living my own life. Imperfect and clumsy as it may look, it is resembling me now, thoroughly"
-Elizabeth Gilbert, 'Eat,Pray,Love'