Tuesday, June 30, 2009

Baie geluk Hugo!!

...my geliefde het gister verjaar! ... baie baie geluk my man met hierdie viering van 'n nuwe lewensjaar wat begin het!... ek wens vir jou vrede, liefde, hoop, kreatiwiteit, 'enlightment', vreugde, rustigheid, 'fulfillment', en 'n lewenslange passievolle reis ...

"...Soos wat 'n ou woord soos mededoe
meer kan se^ as 'n nuwe. Vroeer was daar alleen

die haas om keer op keer te kry wat jy het.
Vroeer was daar alleen maar nou. Nou is daar ook toe.
Daar is veel meer om lief te he^.
Daar is meer maniere om dit te doen.

Selfs niksdoen is een daarvan.
Net maar by mekaar sit met 'n boek.
Of nie by mekaar nie, in 'n kroeg om die hoek.

Of mekaar 'n paar dae nie sien nie
en mekaar mis. Maar altyd mekaar,
nou al byna vyf jaar."
...woorde geleen by Herman de Coninck, vertaal deur Daniel Hugo

Sunday, June 21, 2009

Lekkertes van onlangs...







Die boek "Girl with a dragon tattoo" was 'n 'kannie-neersit' boek!! Voel naderhand nie meer asof jy lees nie... maar asof die storie voor jou afspeel...

Maak weer 'n slag pienk feetjie-koekies... soos die wat ek 'n ruk terug gemaak het vir Ilse se ooievaarspartytjie... hierdie keer is daar nie 'n rede... behalwe dat ek melancholies voel... lus om my tyd te neem en ietsie moois te skep...

Ons spandeer 'n lang naweek in Hermanus... in 'n plek met 'n lieflike uitsig! ... ons vier 'n verjaardag daar... kuier lekker saammet familie... ontdek allerhande kuns... en die belangrikste ... ons rus...!

Ons ry in 'n Kaapse reentjie een Saterdagoggend deur Stad toe en gaan beleef die Cape Town Bookfair 2009... 'n gedruis van mense met 'n passie vir boeke... oral net boeke... boeke... boeke... ek geniet een van my gunsteling produkte se stalletjies... "Mu and me"!!! ... Koop ook joernale met die lieflikste buiteblaaie van ... www.ecojot.com (gemaak in Kanada deur eks-Suid Afrikaners) en 2 'Notebook' boeke van Cavallini&Co...

Ons koop 'n stick blender.... en het al twee keer heerlike 'butternut' sop gemaak (dankie Cecilia vir die lekker resep!!) ... en mmmhhh.... marie beskuitjies fyn gekap daarmee... en omvorm tot klapper-kondensmelk-marie koekies met 70% donker sjokolade bo-oor....

Saturday, June 06, 2009

Saterdagoggend lekkerte

Die lekkerte van vanoggend is dat ek tussen 3 bondels wasgoed en skottelgoed en netjies maak... 'n tydjie kry om sonder haas te sit in die flou warmte van 'n wintersonnetjie en betower te word deur die sketse en woorde in Sarah Simblet se "The Drawing Book"...
Die sequence op die kussinkies langs my vang die strale van die sonnetjie en reflekteer klompe sonkolletjies teen ons sitkamer plafon... Die agtergrond klanke van Arvo Part se Alina maak die oomblik perfek...

"If as artists we nail a subject down too hard, we can drive out its spirit, and lose the very thing that attracted us to it.
Our imaginations are the tools with which we can increase the essence of life, be visionary, and inspire others.
The observed world may be our subject, but it should be the experienced world we draw.
We all see differently...
There are countless reasons for drawing.
We should not try to know how every finished picture will look, but it is important to be clear why we are making it
" ...Sarah Simblet

Friday, June 05, 2009

Comfort zones en passie

Jen Gray

Loop die volgende aanhaling raak op Jen Gray se blog...
"Our biggest victories come from moving out of our comfort zones. Many people turn their back on their passions because they are too scared that criticism will kill them, or that their jealousy will wreck them, or that their need for control will paralyze them.
The truth is that in the end, it is our avoidance that wrecks us, kills our dreams, and paralyzes our actions."
~christine kane~

Wednesday, June 03, 2009

Tyd vlieg!!

Hierdie dansende boom deur Melanie Ford Wilson laat my dink aan hoe die verloop van tyd 'n mens soms kan meesleur... in so 'n mate dat jou wortels begin wys en los wikkel. Matigheid is altyd 'n goeie idee... maar hoe gemaak as dit by passie kom?...

Lekkertes wat ons die afgelope tyd so laat vlieg het dat ons al dansende meegesleur is:

... Hugo is tans deel van 'n kalligrafie uitstalling in baie mediums by die ArtBGallery...

... Hugo begin sculpture klasse aanbied...

...ry al die pad Hermanus toe vir 'n Saterdagaand kuier saammet vriende... dankie Carel en Inge vir 'n fabulous kuier! Saammet Carel verwelkom ons sy ouers in die Kaap... en kuier ons heerlik met soppe, brode en poedings met name, 'Rolypoly' en Malva!... ons word die getuies van 'n huldiging van Carel se ouers deur hom... 'n experience wat ons lank met lekkerte sal bybly...

... 'n vriendin inspireer my en saam kuier ons een aand om die maak van blommetjie en hartjie broodjies met die lekkerste vulsels... 'n uiteindelike bederf vir my Leeskring...

... Hugo begin 'n mould-making klas bywoon... saammet ander 'like-minded' mense druk hy Saterdag oggende sy vingers in klei... en leer ongelooflik baie...

... my kunsklasse neem 'n interesante wending... ons word ge'challenge' om rondom die seerplekke in ons lewens te dink... tyd te spandeer om woorde te gee daaraan... en soos die dink en die woorde daar rondom gaan... so mettertyd... kry ons die sleutels tot visuele beelde ... wat uiteindelik hul le^ sal kom kry op ons canvas'se...

...Lees tans die boek, 'Girl with a dragon tattoo'... en dis 'n 'kannie-neersit'!...

Dis so saammet al die lekkertes wat mens soms tred van tyd verloor... tyd vlerke kry... en bome dans!