Tuesday, December 29, 2009

Antjie Krog se ontnugtering

Antjie Krog (foto van Versindaba webtuiste)

Kom gisteraand, tot my groot vreugde, af op die volledige teks van die toespraak wat ons Antjie Krog hoor gee het by die onlangse Versindaba in Stellenbosch...

Die opskrif van haar pleidooi: "My ontnugtering tot die poesie"...

...sy begin met die volgende:

"Ek neem die volle wapenrusting van die gedig op, sodat ek staande kan bly teen die liste van vervlakking en dwaasheid in hierdie dae van weeklagery en onheil.

Ek staan dan vas, my lendene met metrum omgord, met die borswapen van beeldspraak. En as skoene aan my voete die bereidheid van die versreel met sy grensskuiwende enjambement. Behalwe dit alles neem ek die skild van gefokuswees op waarmee ek al die vurige pyle van die te-lui-om-te-dinkers sal kan blus. Ek laat sak die helm van klank oor my kop en neem in my regterhand die swaard van die metafoor..."

Wednesday, December 16, 2009

Immergroen



Kry onlangs die boek, "Immergroen, Stories oor plante" as 'n geskenk... en wat 'n boek vol woorde van Dave Pepler en beelde van Lien Botha wat betower!...

Een van die hoofstukke oor erikas se opskrif lei: "Voorste verleidsters" en begin met die volgende;

"Daar is 'n kliphuis op Suurvlakte. Om daar te kom, moet jy oor die Dom-en-Long pas ry na die verskuilde vallei bo Wolseley. En hier onder 'n been-oue kliphout, het ek altyd oor die middaguur kom rus.
Een helswarm Februarie-middag raak ek aan die slaap onder my boom en ek droom dat ek soos 'n insek in 'n plas heuning vassit en wriemel. Ek het wakkergeruk en mettertyd agtergekom die plaat pienk erikas om my het hul heuninggeur oor die biesieveld losgelaat."

Sunday, December 13, 2009

Om 40 te word...







die uitnodiging... die ring... die v'jaardag koek
'n week en 'n bietjie terug word ek veertig.... voorafbepaal deur my geboortedag... die woorde in my hart:

laat gaan..
surrender..
stilte..
omgee..
eenvoud..
waarheid..
uniekheid..
leef..
vrede..
geloof..
..oorvloed