Sunday, February 06, 2011

positiwiteit...

'n Marieke Prinsloo beeld op die Seepunt promenade

Altyd lekker om positief te voel... kans te sien... uit te sien na more. Die lees van een van my gunsteling blogs, "My Kop op 'n Blok!", het 'n heerlike aksent kom sit op die gevoelens in my.

Die inhoudsopgawe van een van Richard Branson se boeke ("Se maai, laat waai"):

1 Doen dit net!

2 Geniet dit

3 Wees dapper!

4 Stel vir jouself uitdagings

5 Staan op jou eie bene

6 Lewe in die oomblik

7 Waardeer familie en vriende

8 Betoon respek

9 Doen goed.

Tuesday, February 01, 2011

'n Henk Serfontein rondleiding





Afgelope naweek gaan bekyk ons die kuns by die Suidoosterfees in die ArtScape... 10h30 meld ons aan vir 'n rondleiding deur die kunstenaar, Henk Serfontein... Hy is die kurator van die Suidoosterfees se kunsuitstalling genaamd, 'Terpentyn'...

Ons het baie uitgesien om die man agter die skilderye te beleef... en wat 'n bederf! Henk maak die kuns van die wye verskeidenheid kunstenaars so ongelooflik toeganklik met sy gemaklike manier van vertel - in die mooiste Afrikaans! en met 'n heerlike hoeveelheid kennis oor kuns...

Van die post-modernistiese interpretasie van die verlede deur Anton Karstel, met sy kunswerk se atmosferiese Monet gevoel...

... tot die painting deur Wonder Marthinus, wat jare op Tafelberg gewoon het en nou in 'n kunsateljee sy werke maak... kunswerke vol fragmentasie en suggesties wat 'n mens intrek en wil probeer ontrafel...

... Ricky Daloyl... wat 'n grootse painting lewer... vol beweging en kleure van die grond...

en natuurlik praat Henk ook oor sy eie kuns... daardie manjifieke nagtonele... waar plek en drama meer word... oomblikke van transisie... 'n moment... 'n stilte... net jy besig met die beeld voor jou... eienaarsskap.