Friday, May 30, 2008

'ek'-tyd



‘Ek’-tyd is wat ek nou nodig het…

Tyd om te speel – vry… sonder tydbeperkings…

Tyd om stil te word – ‘n oopte om net in te wees…

Tyd om te rus – sonder die grense van weet wat volgende moet gebeur…

Tyd om te droom – genoeg vir afskakel en vlerke gee vir jou dink…

Sunday, May 25, 2008

kuns

Kina tydens 'n Nicole Palmer fotografie workshop



“Kuns is ‘n aangebore drif wat van ‘n mens besit neem en van daardie mens sy instrument maak” - Charl Jung

Sunday, May 18, 2008

Alison

Alison and Tom


Een van die vele webjournals wat ek so graag volg is van Alison.
Alison lewe die afgelope 2jaar ‘n baie uitdagende lewe…
In haar eie woorde…

“we found out I have Neuroendocrine Tumors- a form of cancer. It is located in my lymph nodes in my midgut region and has spread to my bones therefore in stage 4. My oncologist has never seen a case like mine in his 15 years of practice. This type of cancer very rarely occurs in someone under 50 years old and normally attacks the liver- which mine is fine. Also, it is usually very slow growing and mine is advancing rapidly …” Alison 22Junie2006

Sy gaan op die oomblik deur ‘n baie moeilike tyd, aangesien die kanker begin versprei het na haar rugwerwels en ‘n gedeelte van haar blaas se werking belemmer.

Dink asb aan haar!!

Friday, May 16, 2008

inspirasie se begin

Swirly


My inspirasie vir die begin van hierdie blog…

Jen Gray … fotografie en ‘n egtheid waarmee sy haar gevoelens beskryf,

Andrea… coolste fotografie, asook ‘n aanvoelbare energie waarmee sy skryf, juwele maak, skilder en die lewe geniet,

Danny Gregory… ek is MAL oor sy sketse!! … het al 2 boeke van hom oor die internet bestel…

Keri Smith … haar nuwe kyk na die kreatiewe proses … is baie inspirerend … en ek besit ook ‘n boek van haar …

Penelope, of Lopie vir kort… haar unieke styl van kuns is altyd vir my vars en nuut!

…en dan is daar die ‘French Toast Girl’ … whaw… haar kuns is net stunning verby! … die kleur en lyne… en die woorde wat dit in my voortbring… soveel feeling!

Monday, May 12, 2008

Enchanted

Jeanne Hendricks
Ontdek die coolste kuns in Greyton!

Wednesday, May 07, 2008

'n Kuier rondom 'n storie


Ek beleef gisteraand saammet die res van die Bellville Boekklub ‘n wonderlike gasvrye aand by Diemersdal. Ons word bederf met heerlike kos; sop, quiche en broodjies saammet die stunning wyne van Diemersdal.
Ons boek van die oomblik, “We must talk about Kevin” lok baie lewendige bespreking uit en aan die einde van ‘n heerlike kuier aand word ons bederf met sjokolade en kaaskoek, asook ‘n glasie Port vir ‘n bietjie winterwarmte voor ons terug huis toe vertrek.
‘n Wonderlike aand saammet mense wat almal ‘woorde, stories en vertel’ as passies deel.

Friday, May 02, 2008

Exploring...

'n Amazing boek deur Lynne Perrella




Twee boeke is op die oomblik na aan my hart…

“The creative license” deur Danny Gregory
en
“Artists Journals and sketchbooks, exploring and creating personal pages” deur Lynne Perrella.

Om op verskeie maniere binne jouself te explore en dan dit wat jy ontdek op ‘n manier weer tegee, was nog altyd vir my fasinerend.

Die “Creative license”… leer my iets van stil word … stilsit(wat nogal moeilik is vir my!)… en regtig kyk totdat jy werklik sien, maar op ‘n ander manier… om tyd te spandeer en fyner te kyk… saammet dit ontwikkel ek ook sommer ‘n skill – om te leer om te teken.

“When my daughter was about seven years old, she asked me one day what I did at work. I told her I worked at the college – that my job was to teach people how to draw. She stared at me, incredulous, and said ‘You mean they forget?’” …Howard Ikemoto

In die “…creating personal pages” boek leer ek om na binne te kyk en om dit wat jy in jouself sien te kan weergee op amazing maniere…

“Art journals are something that we create for ourselves alone – not merely a self-indulgent activity, but something worthwhile, important, and vastly creative and self-revelatory. There is no pressure to make them “come out right”, and the time we give to creating our personal pages, finding our authentic voice, and letting it sing is time well spent. Silence you inner critic, and begin to think of your art journal as a companion, a muse, a soul mate.” …’n aanhaling uit “Artists journals & sketchbooks”