Friday, November 24, 2006

Afrikaans

Sondagoggend mark
Afgelope Sondag het ons 'n oggend mark gaan besoek. Hierdie gereedskap het my laat dink aan hoe Afrikaans vir my is soos gereedskap waarmee ek die wêreld rondom my binne-kyk en ondersoek. Afrikaans is die manier waarop ek wat die wêreld na my kant toe bring probeer verwerk. Soms is my taal 'n skroewedraaier waarmee ek my issues oopdraai om binne in te verken... soms is my taal die maatband waarmee ek my ervarings meet... soms gebruik ek my taal as knyptang(soek die regte woorde om na die oppervlak te bring) soms as ek sukkel om 'n situasie te verstaan.

1 comment:

Gerrie said...

Dit is soms 'n skroewedraaier, soms die hamer, soms 'n baie skerp skaaf met 'n lem wat die bloed laat loop....maar dis die taal waarin ek gebore is en waarin ek lag ! Dis myne en ek is so bly....