Monday, January 01, 2007

'n Nuwe Jaar begin...

Old Biscuit Market, Woodstock
'n Nuwe jaar begin... en my 'default setting' neem my dadelik terug na 'n eerlike, reguit-in-die-oë-kyk, realistiese kyk na my manier van lewe.

Ek weet wat my passies is en het al gedeeltelik baie van hulle nagejaag. Ek het al gevoel hoe dit is om nader te kom aan die leef van hierdie passies.

Nou wil ek op een of twee passies konsentreer en dit verder neem.

Ek het al hope boeke gekoop en gelees oor die kreatiewe proses, en ek het al lank al die gevoel dat lees en nogmaals lees hieroor, my net 'n tweede handse 'feeling' gee van die werklike najaag van jou drome.

Erens moet die 'doen' daarvan begin! en dis juis hier... waar my NuweJaarsvoorneme lê.... ....
self-dissipline!

"The willingness to do what is difficult is like having a key to a special private treasure room" Steve Pavlina

1 comment:

Gerrie said...

Steve Pavlina is verbysterend...
Maar ek hou van Tony Robbins se eenvoudige resep:
1)Doelwit
2)Geweldige aksie
3)Terugvoer
4)Aanpassing tot dit suksesvol is..