
Ek dobber-dryf op helder drome voort
Dig druppel-vreugdes aanmekaar…
…wat tot strome drome hoort
Skrik… in vlak water wakker
Skielik… sonder vlerke
Stil… in ‘n winter we^reld
Tower-trane huil ‘n rivier raak
’n voetpad-straal word oopgekraak
Die reen-lag van ‘n kind
wat skielik vreugde vind
word ‘n versnelling in die stroom
my grys hart… oomblikke weg
van die skemer-oseaan wat drome heg?
No comments:
Post a Comment