Monday, September 22, 2008

oopgebreekte liefde...

In stede van verbeelding het ek jou gekry

Een jaar terug het...
"... die feestafels gedek gestaan... die musikante het sluimerend gewag in hul manelle... soos dromende pikkewyne... met die aandster het die krieke in die vlei geskree... en ek het asemloos geluister vir jou voeteval"

Water... druppel-draers van reiniging... was ons wonde ...bring seen deur familie en vriende en oorvloed aan mekaar...

Sout... die bemiddelaars van oorgang ... die afskeid van die vorige en die begin van 'n nuwe...

Blomblare... boodskappers van troos, heelheid en hoop... herinner ons aan wat suiwer en goed is... dit bring ons by die lewe en die liefde en die fees wat ons vier...

My geliefde... ek wil jou altyd naby my he^, as beste vriend en geliefde!

1 comment:

Hugo said...

Aan my engel van lig en waarheid:
Met jou will ek op reis gaan.
Van nou af tot in ewigheid.
ek