Tuesday, August 10, 2010

In die Badenvallei vind ons vlugtig rus







... net die wind en die roer van die blare teen mekaar en soms 'n vae insekgeluid... 'n hond blaf in die verte... ek sit op 'n rotstuin klip tussen 3 tuintjies van klip... sappige vetplantblare... 'n skelpienk reuse vygie... klompe pers blommetjies... oranje-peul-kelkies op lang stingels... groen aalwynblare wat uitmond in rooi punte - die we^reld vol... stewige stingels vanuit die grond met donker pers-swart vetplantrose gedrapeer rondom... knoetserige liggroen-geel blare wat wil-wil pienk skyn... die groen wat deurskyn waar die son dit van agter verlig... vinger-vetplantblare rank oor die tuin van klip...

2 comments:

My Kop Op 'n Blok! said...

Dis baie mooi geskryf, hoor! Maar ek weet nie waar die Badenvallei is nie - miskien kan jy bietjie vertel waar met 'n foto of wat van die omgewing?

Liezl said...

Ek wonder al hoe meer of die "Badenvallei" nie 'n opmaaksel was van my gedagtes nie... Wanneer jy met Badstraat uit Montagu ry en aanhou verby die Montagu droe vrugte winkel nog so vir 3 of 4 km kry jy die 'Baden' plaas aan jou regterkant... dis waar ons gebly het... en nou ja... toe in my gedagte we^reld kry die omgewing/vallei daar die naam "Badenvallei" ... sa; fotos plaas...