Wednesday, March 12, 2008

To look until you see


Tydens makrofotografie workshop van Nicole Palmer

'n Rukkie terug woon ek 'n hele naweek workshop by oor makro-fotografie. Die "learning curve" is baie steil vir my. Dis 'n feit dat as jy 'n kuns wil probeer bemeester jy eerstens jou instrument baie goed moet ken!
Dis absolute konsentrasie om al die boeke-kennis in die praktyk toegepas te kry.

Ek leer dat om 'n kuns te probeer bemeester nie net bestaan uit 'n aantal stappe om by 'n gegewe einddoel uit te kom nie.
Dit verg BAIE herhaling wat uiteindelik sal ontwikkel in 'n aanvoeling.
Net deur doen, doen, doen en speel, speel, speel word 'n intuisie gebore.
'n Deurbraak tot 'n ander vlak.
Om die emosionele respons wat ek (my unieke belewenis) het tot 'n sekere onderwerp te kan weergee. Om my ondervinding van wat ek beleef weer te gee.
Dit verg baie geduld en 'n absolute liefde om dit was jou opgewonde maak te kan weergee.

"The first step in learning any skill is to relax. As long as you are worried, tense, or concerned about success, you are thinking about yourself - not about the skill you want to acquire" Freeman Patterson

No comments: