Wednesday, March 19, 2008

Voedsel virri gees

Ons ontwerp vir ons hempies vir die jaar se KKNK


Een van hierdie dae gaan ons na dié Kunstefees in Oudtshoorn.


Wat 'n makietie!


Al jou sintuie word gebombardeer!... van 'n amazingness van visuele kunste... musiek in alle vorme... teater op sy beste... braaivleis geure... die voel en vat aan al die kreatiewe ware wat in die stalletjie paradys (van oor die land aangekom) verkoop word...


Dis 'n ware oordosis van kuns - wat jou so betower dat jy vir 'n paar dae totaal vergeet van werk, rekeninge betaal en al daai 'real life' stuff.


Om hierdie besonderse ervaring te kan deel met die mense naby aan jou is beslis die kersie op die koek!





Voedsel virri gees


Passie
kook woorde...


...dik dit aan
met emosie en gevoel


Stadig prut
die woord-emosie mengsel
met woorde wat
plek-plek letter-lik
boontoe skiet...


-spatsels teen die kant van die siel-


Geheime bestanddele
van-self
versigtig... stadig... bygevoeg.


Ons skep
die verdigte woord-gereg op,
in oomblikke van saam
om
passie se fees te vier.

No comments: