Thursday, November 13, 2008

'n Glinster...

... ek sien 'n glinster agter die vrees! ... pas terug van nog 'n kunsklas... daar was 'n reenboog onder in ons kuns juffrou se straat... die wolke was in skakerings van wit en grys en swart en later daai pienk wat net die ondergaande son hulle kan kleur... die lug baba blou... die wingerde lowergroen en oor die tuinmuur het 'n ou geuwelhuis ewig in krul gestaan... Die grenadellas blom teen die muur... en ons dwaal buite rond en vergaap ons aan die skoonheid van die natuur...
God wys ons van vorm en kleur en skakering en lyn en diepte en donker en lig...
Tussen deur werk ek aan my tekening van 'die gesig' ... en ek kyk my vrees in die oe... ek konsentreer op vorm en skakerings van donker en lig... ek voeg detail by... en later nog fyner detail... ek verbaas myself... 'n gesig begin vorm aanneem! ...ek sien 'n glinster agter my vrees!

No comments: