Sunday, November 09, 2008

Om deur "kannie" te breek...

Art from Swirly
Ek is op die oomblik besig met die 4de tekening vir my kunsklas... net soos die vorige 3 is hierdie ene ook besig om te "become"... steeds volg my oog vorm, lig versus donker, skakerings van skadu, vorme met betrekking tot mekaar... en dit wat my oog raaksien gee my vingers weer via "mark-making" op papier... maar... hierdie keer is dit baie moeiliker! ... ek voel hoe ek sukkel om te breek deur "ek-kan-nie"... om te laat gaan van vooropgestelde idees... om net in die oomblik te wees ... en net weer te gee wat my oe nou sien...
Ek is besig om vir die heel 1ste keer 'n gesig te teken! ... al die vooropgestelde idees... hier is 'n oog... die vorm moet reg wees anders word die mens nie 'herken' nie... die een oog mbt die ander... 'n neus... 'n mond... net 'regte' kunstenaars kan die tipe goed regkry! ... vasbyt... aanhou... deurbreek deur die vrees... na 'n 'ander kant' waar die 'moontlike' oral rondom jou is...

No comments: