Wense van liefde, hoop en 'n geseende geloofs-ervaring vir hierdie Kerstyd,...en belewenisse van vreugde, eenvoud, passie en genade vir 2009!!
art from Gail Gwinn
Op 39 voel ek vry en geanker... vry van die hartseer van die verlede, vry van wat mense dink, vry om ten volle te ontdek wie ek is in al die uithoeke van my hart... geanker in my geliefde se hart, geanker in die uitleef van my passies, geanker in my familie en vriende se omgee, geanker in my God wat my daagliks verras op amazingly unieke maniere wat my 'wees' so perfek komplimenteer... ek voel vry deur die ankers van genade, vrede en liefde oral rondom my...