Monday, December 01, 2008

Om vry te wees

Jak de Priester
Gister tydens 'n Jak de Priester show vertel hy van hoe, tussen al die bekommernisse van 'n mens se lewe, sing hom ...vry maak. Dit het so my hart geraak. Presies so voel ek wanneer ek deur my kamera se makrolens na die we^reld om my kyk, wanneer ek wegraak tussen die blaaie van 'n goed geskryfde boek, wanneer ek deur my digbundels blaai en lukraak opnuut verlief raak op my taal, wanneer ek tussen my vriende kuier en sonder inhou totaal myself kan wees, wanneer ek sien hoe potlood merkies 'n kind se gesig raak, wanneer ek en my geliefde op ons bank le^ ... mekaar vashou en saam lag... Om die lewe passievol te beleef het nog altyd vir my sin gemaak... dit maak my vry...

No comments: