Monday, March 31, 2008

om myself te wees

Illustrasie deur die "French toast girl"

ek wil my identiteit en individualiteit vier
ek wil leer om te laat gaan...
ek wil wees... onvoorwaardelik myself wees
ek wil elke unieke krul en draai - van wie ek is - my samestelling - ek wil dit explore
ek wil wees sonder terughou
ek wil boldly droom - en my drome name gee
ek wil uitdrukking gee aan die wonders wat ek in myself ontdek deur die amazingness te erken van my passies - dit te vier en met ander te deel...
ek wil al die avenues van vrede explore... van naby my hou en van laat gaan...
ek wil onbevange - sonder grense - lag en rustig wees
ek wil die heeltyd bly leer en groei om beter in myself te pas

Friday, March 21, 2008

Nuwe Lewe

Alexa


Ek wens vir jou
nuwe beginne...
oor begin...
'n vrywees om nuut na jou lewe te kyk...
erkenning van dit wat jou al lankal pla...
die moed om te sê,
vandag begin ek oor...
vandag begin ek nuut...

Wednesday, March 19, 2008

Voedsel virri gees

Ons ontwerp vir ons hempies vir die jaar se KKNK


Een van hierdie dae gaan ons na dié Kunstefees in Oudtshoorn.


Wat 'n makietie!


Al jou sintuie word gebombardeer!... van 'n amazingness van visuele kunste... musiek in alle vorme... teater op sy beste... braaivleis geure... die voel en vat aan al die kreatiewe ware wat in die stalletjie paradys (van oor die land aangekom) verkoop word...


Dis 'n ware oordosis van kuns - wat jou so betower dat jy vir 'n paar dae totaal vergeet van werk, rekeninge betaal en al daai 'real life' stuff.


Om hierdie besonderse ervaring te kan deel met die mense naby aan jou is beslis die kersie op die koek!





Voedsel virri gees


Passie
kook woorde...


...dik dit aan
met emosie en gevoel


Stadig prut
die woord-emosie mengsel
met woorde wat
plek-plek letter-lik
boontoe skiet...


-spatsels teen die kant van die siel-


Geheime bestanddele
van-self
versigtig... stadig... bygevoeg.


Ons skep
die verdigte woord-gereg op,
in oomblikke van saam
om
passie se fees te vier.

Tuesday, March 18, 2008

Passie maak heel


Gisteraand bring dit waarvoor ek lief is, vir my 'n geskenk van heelheid.
Ons gaan kyk 'n kunsuitstalling van kalligrafie op verskillende mediums.
Omring deur hierdie pragtige kuns vind ek stukkies vrede en rus.
"When one connects with art it brings you to a place of insight within oneself."



Monday, March 17, 2008

Die groter prentjie?

Uit 'n Kulula-venstertjie, nou die dag

Hoe is dit dat iets klein wat pla, soms soos 'n berg voor jou kan lyk?
Hoe herwin mens weer die uitsig oor die groter prentjie?

Sekerlik nie deur moedeloosheid nie... maar dis waar ek is vandag!

Daar is sekerlik wysheid in die wees saammet die probleem, maar vandag
is ek gatvol "gewees"!

Moeg die probleem aanskou en soek vir wysheid.

Ek soek antwoorde!

...hoekom?... waarom?... wat as?...

Ek is moeg van "whatever" en aangaan.

Sunday, March 16, 2008

Passie

Muse '08 kunsuitstalling: Lien Botha geskilder deur Hanneke Benade

Thank you God

for placing my

fire-y passion

so close.

My cheeks

transcending the glow.

My hands feel

fire,

light,

energy

flowing through.

I walk closer...

I'm on Holy Ground.

Saturday, March 15, 2008

Meer as net 'n kamera

Tydens makrofotografie workshop

"For me, the camera is a sketchbook, an instrument of intuition and spontaneity, the master of the instant which, in visual terms, questions and decides simultaneously."

Henri Cartier-Bresson

Friday, March 14, 2008

To translate vision into reality

Tydens makroworkshop geneem

Vandag lees ek in 'n 2005 tydskrif raak wat ek in my vorige blog inskrywing ervaar het... Dit is net soveel mooier gestel!

"Willem Oets introduces the concept of conscious camerawork, explaining that technical skills and knowledge of artistic principles gradually form a fertile subconscious stream feeding into a photographer's artistry.
With practice it becomes instinctive, allowing immersion into the creative moment, free from entanglement with technicalities.
Then creative photography becomes a process of learning to look at the ordinary and the obvious and start seeing the extraordinary and the sublime, of moving from documenting a subject to interpreting its meaning and impact on your emotions"

Wednesday, March 12, 2008

To look until you see


Tydens makrofotografie workshop van Nicole Palmer

'n Rukkie terug woon ek 'n hele naweek workshop by oor makro-fotografie. Die "learning curve" is baie steil vir my. Dis 'n feit dat as jy 'n kuns wil probeer bemeester jy eerstens jou instrument baie goed moet ken!
Dis absolute konsentrasie om al die boeke-kennis in die praktyk toegepas te kry.

Ek leer dat om 'n kuns te probeer bemeester nie net bestaan uit 'n aantal stappe om by 'n gegewe einddoel uit te kom nie.
Dit verg BAIE herhaling wat uiteindelik sal ontwikkel in 'n aanvoeling.
Net deur doen, doen, doen en speel, speel, speel word 'n intuisie gebore.
'n Deurbraak tot 'n ander vlak.
Om die emosionele respons wat ek (my unieke belewenis) het tot 'n sekere onderwerp te kan weergee. Om my ondervinding van wat ek beleef weer te gee.
Dit verg baie geduld en 'n absolute liefde om dit was jou opgewonde maak te kan weergee.

"The first step in learning any skill is to relax. As long as you are worried, tense, or concerned about success, you are thinking about yourself - not about the skill you want to acquire" Freeman Patterson

Monday, March 03, 2008

Waar is die pad?


"The urge to get up - to travel, to follow the beckoning horizon, to leave oneself behind and thereby approach inner silences and spaces - that need must be as old as our awareness of mankind. Stopovers will be places of the imagination but also stations of survival: ..." - die 1ste reëls uit Breyten Breytenbach se 'A veil of footsteps'