Thursday, November 27, 2008

daai "iets"

my 3de kunsklas-tekening


"Ek het opgekyk:
suiderkruis en skerpioen
engel en angel

Laat daar rus wees, wou ek bid
'n son
'n sagte sekelmaan
iets wat troos

En kyk daar was.

Iets."

Riana Scheepers

Tuesday, November 25, 2008

stilte

Portret deur Hanneke Benade

Daar's 'n stilte in Hanneke se werk wat my hart aan die binnekant troos. Miskien is om werklik in die oomblik te wees, iets van rondbeweeg op die rante van die stiltes wat alom teenwoordig is.
Die volgende weerklink in my:
"Go slow. Be even more patient than you think you are capable of.There is plenty of time. Really." Andrea

Sunday, November 23, 2008

A companion


'n Journal wat ek gemaak het vir 'n vriendin
"Begin today. Look inward. Express. Start with the present moment. The past and future will follow. The present will serve you well. What has the day been like? Do you want to embrace it or release it? Trust that anything that is threading through your mind and heart is fair game for your art journal pages"

Thursday, November 20, 2008

nou weet ek van toe...

'n Beeldjie van lank terug in Hermanus
"Soos 'n gety wat nie meer beur
maar saggies wegsak van die land
so skuif die dun bloed langsaam deur
die donker are op my hand.

Die dae en die nagte bly
nou ewe dof en droomdeurweek,
ek voel of alles rondom my
sag wegsmelt sonder om te breek.
Die dinge digby word verward,
maar wat verby en ver was staan
nou stil en helder en apart
waar alles wat gekom het gaan."
-uittreksel uit 'n gedig van Elisabeth Eybers

Sunday, November 16, 2008

The human spirit


Het onlangs Elsabe Milandri se blog ontdek... sy se^ die volgende oor hierdie foto van haar:
"I took this 26th October, over the Cape Flats as our plane descended for landing. You can try to confine the human spirit to a grid."

Thursday, November 13, 2008

'n Glinster...

... ek sien 'n glinster agter die vrees! ... pas terug van nog 'n kunsklas... daar was 'n reenboog onder in ons kuns juffrou se straat... die wolke was in skakerings van wit en grys en swart en later daai pienk wat net die ondergaande son hulle kan kleur... die lug baba blou... die wingerde lowergroen en oor die tuinmuur het 'n ou geuwelhuis ewig in krul gestaan... Die grenadellas blom teen die muur... en ons dwaal buite rond en vergaap ons aan die skoonheid van die natuur...
God wys ons van vorm en kleur en skakering en lyn en diepte en donker en lig...
Tussen deur werk ek aan my tekening van 'die gesig' ... en ek kyk my vrees in die oe... ek konsentreer op vorm en skakerings van donker en lig... ek voeg detail by... en later nog fyner detail... ek verbaas myself... 'n gesig begin vorm aanneem! ...ek sien 'n glinster agter my vrees!

Sunday, November 09, 2008

Om deur "kannie" te breek...

Art from Swirly
Ek is op die oomblik besig met die 4de tekening vir my kunsklas... net soos die vorige 3 is hierdie ene ook besig om te "become"... steeds volg my oog vorm, lig versus donker, skakerings van skadu, vorme met betrekking tot mekaar... en dit wat my oog raaksien gee my vingers weer via "mark-making" op papier... maar... hierdie keer is dit baie moeiliker! ... ek voel hoe ek sukkel om te breek deur "ek-kan-nie"... om te laat gaan van vooropgestelde idees... om net in die oomblik te wees ... en net weer te gee wat my oe nou sien...
Ek is besig om vir die heel 1ste keer 'n gesig te teken! ... al die vooropgestelde idees... hier is 'n oog... die vorm moet reg wees anders word die mens nie 'herken' nie... die een oog mbt die ander... 'n neus... 'n mond... net 'regte' kunstenaars kan die tipe goed regkry! ... vasbyt... aanhou... deurbreek deur die vrees... na 'n 'ander kant' waar die 'moontlike' oral rondom jou is...

ek en jy

ek en Hugo op Glentana se strand
"Ek en jy is soos
die wind wat waai.
Wie sou kon raai
hoe die wind waai?"
-Gerrit Brand