Tuesday, December 23, 2008

Wense vir 'n Geseende Kerstyd!

Wense van liefde, hoop en 'n geseende geloofs-ervaring vir hierdie Kerstyd,
...en belewenisse van vreugde, eenvoud, passie en genade vir 2009!!

Sunday, December 14, 2008

die naweek...

Ontdek die naweek hierdie oulike winkeltjie, "The Love Project" in Kloofstraat nr.55 en die lekkerste is dat hulle van my kaartjies gaan verkoop!
'n Vriendin maak die mooiste koek vir 'n 1jaar oue partytjie... :


Sien die mooiste kuns van Audrey Anderson by die iArt gallery in die stad:

Gaan verken my gunsteling Langstraat winkel; "...still life":


Soek 'n uitstalplekkie in ons huis vir ons nuutste kuns aankoop; 'n skilderytjie van Susan Grundlingh:

Sunday, December 07, 2008

Beautiful!!!

The winged Victory of Samothrace

Sien weer vandag hierdie 'most beautiful' beeld op een van die voorblaaie van 'n kunsboek... en raak weereens verlief op die amazing 'presence' wat saammet hierdie beeld gaan! Die marmer beeld van die Griekse godin Nike (Victory) dateer uit 220 - 190 BC. Dis in April 1863 ontdek deur 'n franse amateur argeoloog, Charles Champoiseau, op die Griekse eiland, Samothrace. Vanaf 1884 word die 'Winged Victory' al vertoon op dramatiese manier aan die bo-punt van die Dara trap in die Louvre museum in Parys.
Woorde ontwyk my om te vertel hoe hierdie 'amazingness' my betower en meevoer...

Saturday, December 06, 2008

You are...

art from Gail Gwinn

'you are not alone.

you are not broken.

you are still you.

you are capable.

you are healing.

you are going to be okay.

you are not powerless.

you are on your way.'
from the blog of JenGray

Tuesday, December 02, 2008

39

Op 39 voel ek vry en geanker... vry van die hartseer van die verlede, vry van wat mense dink, vry om ten volle te ontdek wie ek is in al die uithoeke van my hart... geanker in my geliefde se hart, geanker in die uitleef van my passies, geanker in my familie en vriende se omgee, geanker in my God wat my daagliks verras op amazingly unieke maniere wat my 'wees' so perfek komplimenteer... ek voel vry deur die ankers van genade, vrede en liefde oral rondom my...

Monday, December 01, 2008

Om vry te wees

Jak de Priester
Gister tydens 'n Jak de Priester show vertel hy van hoe, tussen al die bekommernisse van 'n mens se lewe, sing hom ...vry maak. Dit het so my hart geraak. Presies so voel ek wanneer ek deur my kamera se makrolens na die we^reld om my kyk, wanneer ek wegraak tussen die blaaie van 'n goed geskryfde boek, wanneer ek deur my digbundels blaai en lukraak opnuut verlief raak op my taal, wanneer ek tussen my vriende kuier en sonder inhou totaal myself kan wees, wanneer ek sien hoe potlood merkies 'n kind se gesig raak, wanneer ek en my geliefde op ons bank le^ ... mekaar vashou en saam lag... Om die lewe passievol te beleef het nog altyd vir my sin gemaak... dit maak my vry...