Sunday, February 15, 2009

Valentyn

Cupcake handgemaak deur Liezl
(hartjie handgemaak deur Marelize van "Bite Me")

Dankie my geliefde vir die coolste Valentynsdag nog ...
...'n besoek aan die nuwe DorpStraat Gallery wat die mooiste Marike Prinsloo beelde op die oomblik vertoon... 'n lui lekker droom dwaal tussen Rodin beelde in die Rupert Museum... opgewonde raak oor die kuns van Jean Welz... saam amazed staan voor die werke van Dylan Lewis, so vertoon dat dit bydra tot die amazingness van die kuns wat uit die man se hande vloei... saam gaan ontspan tussen wildedadelpalm en klokkiebos in die botaniese tuin... met bobotie en geel perskes... agterna die luukse van gaan sit en waarneem en teken... natuurlik met die nodige sjampanje as inspirasie...
My geliefde, jy deel my intiemste passies ... 'n valentyn by uitstek!!

No comments: