Saturday, April 25, 2009

Avontuur...


Avontuur op 'n doodgewone Saterdag...
... in 'n winters-voorskou van baie reen ry ek vanoggend na Stellenbosch... Daniel Hugo deel sy 'taalgevoeligheid' by die Protea Boekehuis ..en dan meer spesifiek mbt... sy nuutste digbundel, 'Die panorama in my truspieel' en gesels ook oor sy nuutste vertaling van gedigte deur Herman de Coninck genaamd 'Die lenige liefde'...
Louis Esterhuysen heet ons welkom met die woorde... 'baie dankie dat julle gekom het en die knelgreep van die duvet weerstaan het'...
Hierdie 'vernuf-digter'(Daniel Hugo) kom deel sy spel met die woord in sy kenmerkende stem (hoe beskryf mens so 'n stem met woorde? ... dit ontglip my nou...)...
Lees by lamplig

Natuurgedigte laat my maklik gaap.
Die inkskadu van 'n muskiet flits
oor my boek - vir 'n oomblik dag ek
'n woord het vleuels gekry. Dringend
in my oor skree dit iets wat duister bly.

Letters is die skaduwees van klank.
Maar hierdie skril, frenetiese woord
kan steek, en laat jeuk my heelnag lank.
Digterwoorde, daarenteen, is onskadelik:
selfs die skerpste hou jou selde uit die slaap.
-Daniel Hugo

Besoek die Johann Louw uitstalling by die Sasol Kuns museum 'n 2de keer... die keer saammet Ludi en Engela... Ludi explore saammet my en 6 ander studente Donderdagaande die kuns van olieverf en canvas en verfkwas... Saam bewonder ons hierdie kunstenaar se indrukwekkende werke ... indrukwekkend in grootte, tegniek en in beperkte kleur gebruik...

Hulle gaan wys my die 'Divine' deli koffie winkel en oor koffie en warm sjokolade kry waardevolle gesels gestalte...

Later deur die middag kuier ek by my ma, sus en ' n vriendin... die warmte van familie en vriende saam vul my siel tot boordenstoe vol en die familie-resep, sago poeding doen dieselfde vir my maag!

Twee webwerwe kom meld hulself ook deur die dag aan vir my 'gunsteling' lysie op ons rekenaar:
www.carinastander.com en www.versindaba.co.za

No comments: