Thursday, April 30, 2009

versindaba.co.za

Met hierdie 100ste inskrywing in my blog wil ek 'n nuwe webtuiste, www.versindaba.co.za vier!

Viva vir die internet en sy manier om vir 'likeminded' mense 'n plek te skep om saam te kuier!!

Vir al die "taalgevoeliges" daar buite is daar nou 'n nuwe plek om tuis te kom... om meer te lees van nuwe digbundels wat verskyn... nuwe verse van gunsteling digters te lees... selfs blogs deur digters!!

'n Aanhaling uit Daniel Hugo se blog:

"Tuesday, April 28th, 2009
’n Hemp van vlam

In ons videowinkel kom Carina af op die bloederige maar fassinerende Britse TV-reeks Wire in the blood. Dit handel oor dr. Tony Hill, ’n psigiater met Asperger-sindroom, wat as profileerder van reeksmoordenaars vir die polisie werk. Een episode speel af in die dorpie Norton waar ’n hotel afbrand as deel van die misterieuse, rituele moorde wat daar plaasvind.
Dit laat my toe dink aan “Burnt Norton”, die eerste gedig van T.S. Eliot se Four Quartets. En, jouwaarlik, daar kom ek af op die reël “The trilling wire in the blood / Sings below inveterate scars.” Ek weet nog steeds nie wat dit beteken nie, maar die literêre speurder in my is tevrede: hy kon die oorsprong van die verwysing opspoor. Die intertekstuele DNS klop.
As ’n mens eers begin lees aan die Four Quartets, kan jy nie ophou nie. Dit is sekerlik, naas die Bybel en Shakespeare, een van die mees gekwoteerde tekste in die Westerse letterkunde. En met reg: daar is talle onvergeetlike formulerings vir die taalgevoeliges, en genoeg filosofiese waarhede vir die diepsinniges."

No comments: