

Na nog so 10km grondpad kom ons aan in B'bos... 'n regte 'enchanting' plekkie!! Hier en daar huisies met groot pragtige ooptes van fynbos natuurskoon tussenin ... ons volgende stop is 'n klein huisie in die 'hoofstr' wat dien as Niel Jonker se uitstalruimte ... ons het hom by die KKNK ontmoet en dis deur sy vertel dat ons by Bbos se Artroute op geeindig het... die geboutjie is so effe vervalle... net die regte hoeveelheid om 'n wonderlike atmosfeer aan die kunsuitstalling te gee... die pryse sommer onder elke kunswerk op die muur in potlood geskryf...
Niel herken dadelik vir Hugo en is baie beindruk dat ons daar uitgekom het. 'n Heerlike geselsie volg!
So ry ons in hierdie dorpie vol natuur en met min huisies rond opsoek na al die venues volgens 'n klein kaartjie... ons af op 'n kerk-geboutjie wat nou dien as 'n workshop en verkoop ruimte van 'n hout-handelaar, met die lieflikste dam agteraan vol lelies wat ronddryf... by 'n volgende venue gesels ons met 'n dame wat saammet haar vriendin al 6 jr daar bly en 'n baie netjies groooot erf opgedeel het om al hul 'aanneem' diere te huisves - van beeste (almal het name!) tot bokke en 'n groot vark!... almal diere wat mishandel was op een of ander manier....
...by Joshoa Miles 'n skilder se huisie met 'n lieflik handgemaakte natuur tuintjie drink Hugo 'n 2de glas rooiwyn saam met hom na 'n heerlike geselsie ... ek moet na die tyd goedig raas en se^ teen hierdie stadige pas kom ons nie by al die kunstenaars uit nie! :)
... soos ons ry van kunstenaar na kunstenaar is ons diep onder die indruk van die ongelooflike natuurskoon ... dit het die oggend gereen en die lig was so vars op als.... die wolke groot sagte watte stukke in die lug en die fynbos gloei vol kleur oral in die velde... verskeie kere moet Hugo 'n noodstop doen sodat 'n paar fotos geneem kan word om te probeer met die onthou van hierdie besondere ervaring...
No comments:
Post a Comment