

Na nog ‘n beker koffie ry ek sonder haas na my gunsteling kunswinkel… gaan soek potlode… ‘n sketsboek… vir ‘n tekenklas wat die naweek begin… die klas het ‘n botaniese tema … en ek verloor my vir ‘n rukkie in die boekwinkel langsaan... 'n blomme boek… geillustreer met botaniese korrektheid…
My parkeerkaartjie wys dat die halfuur gratis parkering reeds verstryk het… dus loop ek nuuskierig nog ‘n draai deur die gallery daar naby… my verbeelding word aangegryp deur die impressionisme van Adriaan Boshoff… die vryheid van sy kwashale en die rykheid van kleur… inspireer my… voed my siel…
Die grootste bederf is om nou hier te kan sit en weer oor my ervaring te kan dink… en ‘n tydjie te he^ om dit wat in my gebeur het tot woorde te bring…
2 comments:
Ek hou baie van die twee skilderye!
Sal ons darem eendag van die resultate van die klasse hier te siene kry?
Sal met graagte van my kunservarings op canvas deel! :)
..een van die dae.. ;)
Post a Comment