Sunday, October 18, 2009

storm en stilte...

'n Na-skildering wat ek onlangs gedoen het van 'n skildery van Jean Welz... oomblikke stilte in hierdie 'stil-lewe' ...
... ek wonder deesdae... waar vind mens die balans tussen stilte en die besige gejaagdheid van die lewe en dan nog die passies (jou hartsbegeertes) wat jou ook so jag vir aandag...

"Die storm en die stilte
Die son en die maan
Daar's altyd twee kante
Wat in ons bestaan"
...Stef Bos

2 comments:

My Kop Op 'n Blok! said...

Dit lyk vir my heel goed, hou so aan!

Jean Welz is seker Stephan Welz se pa, neem ek aan? So 'n kunsfamilie, ai, hoe party mense dit kan regkry om te speel vir 'n lewe en dit werk te noem!

Liezl said...

Ja, Jean is Stephan Welz se pa... Aai..speel vir 'n lewe en teen betaling klink net te wonderlik :)