Monday, November 09, 2009

Wor(l)ds..




'n Naweek of 2 terug het ons die voorreg om die 1ste gekwalifiseerde letterkappers in SA in aksie te sien by hul werkswinkel in die Kasteel... waarna ons die boek 'Wor(l)ds' se bekendstelling bywoon by The BookLounge in Roelandstraat, asook die amptelike oorhandiging van die kwalifikasies(na 2jr opleiding) vir die 1ste 6 gekwalifiseerde letterkappers in SA!
Die groot inspirasie agter hierdie letterkappers se kwalifikasie... is die Belgiese letterkapper, Maud Bekaert (sien foto saammet my man wat vir haar 'n 'woord-spriet' met van haar eie woorde daarop gemaak het as 'n 'enkosi' geskenk) se passie en energie!
Na 'n reis deur SA... vang die anderse manier van skrif hier in Afrika Maud op, asook die ongelooflike groot probleem van vigs-wesies... en uiteindelik word 'n droom gebore.... Digters, letterkunstenaars en letterkappers van SA en Belgie span saam en uiteindelik word 41 se^goed in spesiaal ontwerpte skrifte uitgekap op groot(!) stene... wat in Belgie uitgestal word en uiteindelik net onder 'n miljoen rand op 'n veiling oplewer - wat uitsluitlik gaan aan ondersteuning van vigswesies in SA.
Van die woorde wat op die stene gekap is:
"Ik pas in elkaar" ... Frank Pollet
"De gewoonte ziet zichzelf en denkt dat ben ik niet" ... Stef Bos
"Die wind is die hemel vol met my stem op pad na jou toe" ... Antjie Krog
"Verlange onbegrens, so is liefde sinvol, nie ingekort tot mens" ... Hennie Aucamp
"Die vuur moet van binnen kom" ... Anoniem
"Kom ons pluk die lug en melk die son" ...Ronel Nel
"Die wind is 'n droe lied sonder die see" ...Toast Coetzer

1 comment:

My Kop Op 'n Blok! said...

Hierdie kuns lyk vir my half verwant aan wat ons op TV gesien het toe S.A. die rugbywêreldbeker ontvang het en ons land se naam daar en dan op die goue beker gegraveeer is. Ek het van die foto's van TV af gesteel:

http://mykopop.wordpress.com/page/36/