Sunday, November 29, 2009

Leonie E Brown


Saterdagoggend vat ons die pad Philadelphia toe... 'n kunsuitstalling van verskillende kunstenaars wink al deur die week vir ons...
Dis ons 1ste kennismaking met Leonie E Brown se kuns en dis liefde met die eerste opslag... die painting "The skies will open", hierbo spring in ons hande en die geld vlieg uit ons beursie... voor ons weet wat gebeur het :)

2 comments:

My Kop Op 'n Blok! said...

Lyk my dis 'n siekte hierdie tyd van die jaar! Ons is ook laasweek na 'n uitstalling van 'n kunsonderwyser met haar studente "om net te gaan kyk". Ons is toe ook daar weg met een skildery van die onderwyseres, niks opspraakwekkends nie, maar heel mooi om na te kyk, darem nie so duur nie maar heel onbeplan!

Ek het ook bietjie uitgevind by haar oor die koste van lesse ens. Ek dink nog.

Liezl said...

Gaan en probeer die kunsklas as dit in jou hart is... Vir my was dit 'n groot stap.. aangesien ek nie natuurlik 'kunsstig' is nie... maar die amazingness om op 'n manier uitdrukking te kan gee aan wat binne jouself is... en ook als wat jy van jouself tydens die proses leer is regtig.. soos hul in die advertensie se^.. priceless!! ..en natuurlik maak mens met besondere 'like-minded' mense kennis!