Thursday, April 30, 2009

versindaba.co.za

Met hierdie 100ste inskrywing in my blog wil ek 'n nuwe webtuiste, www.versindaba.co.za vier!

Viva vir die internet en sy manier om vir 'likeminded' mense 'n plek te skep om saam te kuier!!

Vir al die "taalgevoeliges" daar buite is daar nou 'n nuwe plek om tuis te kom... om meer te lees van nuwe digbundels wat verskyn... nuwe verse van gunsteling digters te lees... selfs blogs deur digters!!

'n Aanhaling uit Daniel Hugo se blog:

"Tuesday, April 28th, 2009
’n Hemp van vlam

In ons videowinkel kom Carina af op die bloederige maar fassinerende Britse TV-reeks Wire in the blood. Dit handel oor dr. Tony Hill, ’n psigiater met Asperger-sindroom, wat as profileerder van reeksmoordenaars vir die polisie werk. Een episode speel af in die dorpie Norton waar ’n hotel afbrand as deel van die misterieuse, rituele moorde wat daar plaasvind.
Dit laat my toe dink aan “Burnt Norton”, die eerste gedig van T.S. Eliot se Four Quartets. En, jouwaarlik, daar kom ek af op die reël “The trilling wire in the blood / Sings below inveterate scars.” Ek weet nog steeds nie wat dit beteken nie, maar die literêre speurder in my is tevrede: hy kon die oorsprong van die verwysing opspoor. Die intertekstuele DNS klop.
As ’n mens eers begin lees aan die Four Quartets, kan jy nie ophou nie. Dit is sekerlik, naas die Bybel en Shakespeare, een van die mees gekwoteerde tekste in die Westerse letterkunde. En met reg: daar is talle onvergeetlike formulerings vir die taalgevoeliges, en genoeg filosofiese waarhede vir die diepsinniges."

Saturday, April 25, 2009

Avontuur...


Avontuur op 'n doodgewone Saterdag...
... in 'n winters-voorskou van baie reen ry ek vanoggend na Stellenbosch... Daniel Hugo deel sy 'taalgevoeligheid' by die Protea Boekehuis ..en dan meer spesifiek mbt... sy nuutste digbundel, 'Die panorama in my truspieel' en gesels ook oor sy nuutste vertaling van gedigte deur Herman de Coninck genaamd 'Die lenige liefde'...
Louis Esterhuysen heet ons welkom met die woorde... 'baie dankie dat julle gekom het en die knelgreep van die duvet weerstaan het'...
Hierdie 'vernuf-digter'(Daniel Hugo) kom deel sy spel met die woord in sy kenmerkende stem (hoe beskryf mens so 'n stem met woorde? ... dit ontglip my nou...)...
Lees by lamplig

Natuurgedigte laat my maklik gaap.
Die inkskadu van 'n muskiet flits
oor my boek - vir 'n oomblik dag ek
'n woord het vleuels gekry. Dringend
in my oor skree dit iets wat duister bly.

Letters is die skaduwees van klank.
Maar hierdie skril, frenetiese woord
kan steek, en laat jeuk my heelnag lank.
Digterwoorde, daarenteen, is onskadelik:
selfs die skerpste hou jou selde uit die slaap.
-Daniel Hugo

Besoek die Johann Louw uitstalling by die Sasol Kuns museum 'n 2de keer... die keer saammet Ludi en Engela... Ludi explore saammet my en 6 ander studente Donderdagaande die kuns van olieverf en canvas en verfkwas... Saam bewonder ons hierdie kunstenaar se indrukwekkende werke ... indrukwekkend in grootte, tegniek en in beperkte kleur gebruik...

Hulle gaan wys my die 'Divine' deli koffie winkel en oor koffie en warm sjokolade kry waardevolle gesels gestalte...

Later deur die middag kuier ek by my ma, sus en ' n vriendin... die warmte van familie en vriende saam vul my siel tot boordenstoe vol en die familie-resep, sago poeding doen dieselfde vir my maag!

Twee webwerwe kom meld hulself ook deur die dag aan vir my 'gunsteling' lysie op ons rekenaar:
www.carinastander.com en www.versindaba.co.za

Monday, April 20, 2009

Saterdag lekkertes deel II




Saterdagoggend gesels Andre P Brink oor sy memoir, Vurk in die Pad, in die ProteaBoekeHuis in Stellenbosch...
"Om aan te hou... dis 'n bevestiging dat jy leef." Andre Brink

Varenka Paschke se uitstalling van haar kunsbydrae tot haar boek "Stillewe" saammet Stef Bos is by die Dorpstraat Gallery te sien.

By die Sasol Kuns museum is die mees indrukwekkende werke van Johann Louw... die formaat is baie groot ... die kleur en tegniek steel jou asem vir oomblikke op 'n slag!

Sunday, April 19, 2009

Lekkertes van 'n Saterdag...




Afgelope Saterdagmiddag ... na lang en deeglike beplanning om 'n datum te kry... kuier ek en 'n vriendin saam... met droe vrugte, paasbroodjies en sjokolade as verkwikking van die liggaam... is ons uiteindelike doel... 'n bevrediging van 'n sielsbehoefte (of te wel 'n passie...) ... ons gaan saam 'n skildery verf... vir my baie goeie oefening vir iemand wat baie onlangs skilder begin ontdek het... en vir haar, 'n volwaardige kunstenaar... maar met 'n 2jarige in die huis ... 'n kans om weer met 'n kwas te werk...
Onderstebo (mens fokus so makliker net op vorm) en 'n blokkie op 'n slag... probeer ons 'n na-skilder van een van Cezanne se skilderye... met die fokus op speel en minder wroeg oor elke kwashaal...
Vier ure later het ons die 4 kern blokkies van die skildery voltooi... en gaan ek huis toe met 'n vreugdes-prikkel diep in die binneste van my siel...

Saturday, April 18, 2009

"Stillewe"

Varenka Paschke en Stef Bos lees voor uit hul boek "Stillewe" by die KKNK 09

Na 'n besoek aan die fees van die dood in Mexiko kry hierdie boek sy gestalte deur die kuns van Varenka in kombinasie met die woorde van Stef...

"As ek oud word
wil ek oud wees
Geen gladgestrykte plooie
Geen uitgewiste spore
van geluk en verdriet
maar 'n oop verlede
'n landkaart
wil ek wees
waarop jy my lewe
kan lees" ...stef bos

Laat een aand tydens die Mexikaanse fees van die dood vertel Stef, sien hy sy oorlede ma... daar is baie min tussen die dood en die lewe... tussen ons werklikheid en 'n plek sonder tyd...

"Die dood asem ons in en uit" ...stef bos

Daar ver oor die see in daardie anderland is begraafplase in die middel van die dorp - hul dooies deel van die lewe - nie uitgestoot tot die rante van die dorpe agv die lewendes se ongemak met die dooies nie...

Friday, April 17, 2009

Stef Bos

Stef Bos vertoning ... 800 mense... net hy en sy klavier... hy her-definieer homself en sy musiek, 'n ervaring van effe buite ons we^reld... met gemak gebring tot by ons... asof hierdie oomblikke nog altyd so presies beplan was om hier so in tyd in te gleuf...
Stef en Varenka Paschke se boek 'Stillewe' word die volgende dag bekend gestel in die intimiteit van net 30 mense - tydens hierdie gratis 'show' sing Stef met sy trekklavier 'Suikerbossie' terwyl hy tussen ons rondloop en serenade... 'n vrou wat gou inglip om 'n boek te koop, maar nie tyd het vir die vertoning nie... waar kan vir haar meer belangrik wees as juis daar... wonder ek..

Thursday, April 16, 2009

Langkloof stilte...

"...ek vind weer stukkies essensie hier waar ek sit in 'n ou skuur en uitkyk oor 'n stukkie Langkloof so groot soos die skuurdeur toelaat... ons stadsjapies ken nie die boom se naam hier reg naas ons nie... dan 'n heining... met 'n aalwyn in die veld net digby... in die verte net voor die hang van die eerste heuwel staan spikkel-skapies... hul ge-me^ klink nou en dan op uit die stilte... effe gesplinter tussen die ritsel van die blare..."

Fees van die Kunste te Oudtshoorn

"...ervarings verwoord vanuit die stilte van die Langkloof... skeef en krom hierdie verwoording van ervaringe veel groter as ek, 'n enkele mens... 'n vasloop teen my passies... en my passies wat bereid is om met my tyd te spandeer... om van hulself met my te deel... 'n raaiselagtigheid wat stukkies 'waarheid'... stukkies sinvolheid... vir my terugkaats..
ons 4 dae by die fees van die kunste in die klein karoo seen ons met 'n oorvloed woorde, beelde, ervarings... gewaarwordinge... wat stukkies van ons siele aan ons teruggee... sielvolheid... vreugdes van diep binne ons los maak..."