Friday, February 26, 2010

Woordfees: Uys Krige











Vanmiddag vier die Woordfees 100jr met Uys Krige... Amanda Botha gesels met Greta Fox (sy susterskind) en met Eulalia (sy dogter)...
'n Hele ry word gevul met al die familie wat die geleentheid bywoon...
Soveel staaltjies word vertel... van die dae toe Uys Abisinia toe is as oorlogskorrespondent... nadat hy siek geword het daar (na 7md'e) kom hy terug met die hospitaal skip... net om na sy herstel weer oppad te wees ...hierdie keer na die Libiese woestyn ... waar hy gevang en in 'n tipe konstrasiekamp aangehou word... hier begin hy oa 'n koerantjie... na die Italianers onttrek vlug hulle...
Sy pa is Japie Krige die rugbyspeler... en vandaar Uys se liefde vir rugby... alhoewel hy "'n bietjie stadig was vir die rugby in SA" speel hy wel semi-profesioneel in Frankryk...
Baie van die familie onthou die dae toe Uys en Jack Cope 'n huis gedeel het in Clifton... die "salon" op die strand elke middag/aand... met oa Ingrid Jonker wat deel is van die vriendekring...
Later jare gaan woon Uys in "Swart dakkies" sy huis in Onrus... Jan Rabie vertel van "die stryd van die tong" tussen Marjorie en Uys... albei het baie gepraat... wanneer hulle saamgekuier het... het beide hul eie storie gepraat... maar wel mekaar se stories gevolg!...
'n Oorsese joernalis word aangehaal nadat hy Uys ontmoet het; " Uys is completely uninhibited and has his own code of living..."

No comments: