Tuesday, March 02, 2010

Woordfees: Karin Brynard


fotos van die internet verkry
Gaan luister gister die praatjie van Deon Meyer met die skrywer van "Plaasmoord", Karin Brynard... Dit is haar debut roman en na net 'n paar maande alreeds in sy 3de druk!... die boek het reeds meer as 6x soveel verkoop as 'n gewone 1ste roman!
Ons hoor van Koffiefontein waar Karin gebore is en dat sy later in Postmansburg geland het... Dat sy eindelik aktrise wou word... maar dat 'n BA tale haar pad was... hoe sy die enigste vrou tussen 'n klomp tokkelokke Grieks geneem het... en dan eindelik beland het as joernalis by 'n koerant uit eie keuse tussen die ware goeters... die politiek en die moord en doodslag... die "mannegoed".
7 jaar verloop van die idee aan die boek... tot vandag... die boek al 'n paar maande op die rakke...
Sy is versot op raaisels en volgens haar kan sy net 'n storie vertel as daar 'n lyk in is...

2 comments:

My Kop Op 'n Blok! said...

Wat is julle Kapenaar darem bevoorreg met die Woordfees!

Dis nou vir my interessant om te sien jy skryf Postmansburg, eintlik is dit Postmasburg, vernoem na ene ds. Postma, daar staan 'n beeld (borsbeeld as ek reg onthou) van hom in die dorp. Maar die bruinmense van daardie omgewing het ek ook nooit anders hoor sĂȘ as Posmansburg nie!

Liezl said...

Oeps... die 'n' in Postma'n'sburg mag dalk net 'n glip van my tong wees... of uit onkunde kon ek die 'n' gehoor het, waar daar in werklikheid nie een was nie...
Dankie vir die interesante opmerking!