Tuesday, April 20, 2010

Ryno Swart se "Camilla"
Herfs

Hoe kon ek weet dat hierdie herfs
in my sou kom knop soos die lente
met die verlange na oopgaan in my toekeel
en trane agter die lede van my oe
- in die gety wat toelaat dat mens die son aankyk -
terwyl ek stap onder die bome se triomfboe
en weet ek is verslaan deur die liefde.

O, liefste, liefste, jy het al my seisoene aangetas,
in die rooiste herfsblaar 'n bloeisel ingepas.

Lina Spies

2 comments:

BoerinBallingskap said...

Sy is een van my gunsteling digters. Baie mooi!

My Kop Op 'n Blok! said...

Stunning skildery, lyk tog nie so moeilik nie (om te kopieer), maar om die visie te hĂȘ om dit eerste te doen. Die gedig skakel baie mooi daarby in, en by die seisoen. Lyk my wraggies ek het nog geen bundel van haar nie, hoop ek loop eendag een raak!