Saturday, October 23, 2010

Reise met die Beminde











Afgelope Saterdag open 'Reise met die Beminde', 'n kunsuitstalling in die Breytenbach Sentrum in Wellington met skilderye wat jou dink en jou voel prikkel, deur Marriana Booyens en absolute sensitiewe fotografie deur Henk Venter...

Oral tussen die kunswerke hang gedigte deur Marriana uit die dak;

Genade op die pad

Hoe ver het jy gegaan
om jou hart te verloor?

Hoe ver moes jy reis
om dit alles
weer terug te kry?

-Marriana Booyens

2 comments:

My Kop Op 'n Blok! said...

Pragtige inskrywing! Ek het bietjie rondgesoek oor Marriana Booyens en sien sy het al 'n boek van Stef Bos geïllustreer - ek wil juis nog ietsie skryf oor sy laaste CD waaroor ek so mal is. Ek het een skildery van haar raakgeloop van 'n man wat in water staan, jy het dit seker al gesien. Sjoe, die water is meesterlik gedoen, ek het my juis onlangs vasgeloop met water, so ek sal daardie een bietjie mooi bestudeer en probeer "uitfigure" hoe doen mens dit!

Liezl said...

Bly jy het Marriana se kuns geniet! Sy is ook my kunsjuffrou - 'n fyn sensitiewe mens wat goed kan aanvoel hoe om elke student op sy eie unieke manier te benader... Ek sal bietjie vir haar vertel hoe beindruk jy was met haar vertolking van die water :)