Showing posts with label kuns. Show all posts
Showing posts with label kuns. Show all posts

Saturday, May 12, 2012

"Wat die hart van vol is"

Verlede Saterdagoggend besoek ons weer 'n slag die Proteaboek winkel in Stellenbosch vir hul gebruiklike 11h boekpraatjie.  Francis Galoway gesels met Evette Weyers oor haar pasgepubliseerde boek, "Wat die hart van vol is..."

Louis Esterhuizen (die bestuurder van die boekwinkel, sowel as befaamde digter) stel die gespreksgenote aan die woord en se^ dat Evette het een van die mooiste eienskappe wat 'n mens kan he^; 'n konstante volgehoue verwondering met die lewe...  Sy vier die lewe!

Francis Galoway beskryf hierdie nuwe boek van Evette as 'n mengsel van dag en nag notas... vol avontuurlike verkennings... 'n kunstenaarscredo... 'n rondleiding van Evette se werkslewe...

Die gesprek handel oor verskeie van die temas in Evette se werke.  Oor bome. Sy vertel van die wilde seringboom wat jare terug buite Marius (haar man) se kothuisie gegroei het en hoe sy aan die einde van 'n dag 'in die dalende skemerte' met die wildesering gesels het oor wat haar die dag geraak of besiel het.  Sy se^ 'die sering het met die stille wysheid van bome geluister'.

Sy vertel ook van 'n  ongelooflike ervaring van toe sy as 11-jarige saammet 'n vriendin een middag op haar oupa se plaas in die Vrystaat gaan stap het.  Hulle het ver weggedwaal van die huis en afgekom op 'n vrugteboord, wat oor die dekades heen heeltemal wild gegroei het.  Die bome was vir lank nie gesnoei nie, die blare vir jare nie opgevee nie en die vrugte nie gepluk nie.  'Die takke het bo geil gegroei en 'n donker woud gevorm.  Alles in hierdie boord was ryp'.  Sy het gewonder of sy verdwaal en per ongeluk in die paradys beland het!  Sy het geloop op 'n trampolien van blare en groot sappige waterpere het swaar aan die takke gehang.  'n Ligte wind het deur die woud gewaai en van die oorryp waterpere het geval en oopgespat... hulle soet sap wat in die aarde terugsak.

Sy verbind haar ambisie as kunstenaar met hierdie storie deur te se^ dis 'soos 'n wind wat deur die vergete boorde van jou verbeelding waai, sodat jy jou waterpere hoor val en herinner word aan jou eie verborge kreatiewe en geestelike oorvloed'...

Wind en water is nog inspirasies in haar beelde... sy bly reg langs die see en sy se^ hulle haal baie kos uit die see ... ons word ons omgewing... 'ons lywe bestaan fisiek uit wat hier groei en beweeg... die see praat in ons bloed en ons buitelyne vervaag'.

Evette lees voor uit haar boek


Haar 'trek die stoute skoene aan' beeld, met in die agtergrond haar boek, "Wat die hart van vol is"...


'n 'Sit die regte voetjie' voor beeld van Evette...


Mary se engel, Beloved... ook deur Evette... (uit haar boek)


Hierdie is 'n pragtige kinderboek wat ek by Protea raakloop...


Die illustrasies in "Die land van die groot woordfabriek" is pragtig!


...en dan ry ons huis toe en neem 'n detour deur 'n herfsbelaaide wingerd en bekyk die Stellenbosch berge van daaragter... 

Saturday, October 23, 2010

Reise met die Beminde











Afgelope Saterdag open 'Reise met die Beminde', 'n kunsuitstalling in die Breytenbach Sentrum in Wellington met skilderye wat jou dink en jou voel prikkel, deur Marriana Booyens en absolute sensitiewe fotografie deur Henk Venter...

Oral tussen die kunswerke hang gedigte deur Marriana uit die dak;

Genade op die pad

Hoe ver het jy gegaan
om jou hart te verloor?

Hoe ver moes jy reis
om dit alles
weer terug te kry?

-Marriana Booyens

Sunday, November 29, 2009

Leonie E Brown


Saterdagoggend vat ons die pad Philadelphia toe... 'n kunsuitstalling van verskillende kunstenaars wink al deur die week vir ons...
Dis ons 1ste kennismaking met Leonie E Brown se kuns en dis liefde met die eerste opslag... die painting "The skies will open", hierbo spring in ons hande en die geld vlieg uit ons beursie... voor ons weet wat gebeur het :)

Thursday, November 26, 2009

die kuns van die waarheid


Hou aan... deur die moedeloos ... deur die frustrasie... gaan net aan... beweeg saammet die vloei... en met tydsverloop.. met die terugkyk herken jy die vrees... maar ook die glimse van sien... dit wat net jy sien... en hoe meer jy kyk hoe minder sien jy die vrees ... en hoe meer raak die verwondering oor die "ander kant" ... dit wat net jy sien... dit wat waar is...
Getrou wees aan jouself bring wondere mee... dit bring die waarheid...

Sunday, October 18, 2009

storm en stilte...

'n Na-skildering wat ek onlangs gedoen het van 'n skildery van Jean Welz... oomblikke stilte in hierdie 'stil-lewe' ...
... ek wonder deesdae... waar vind mens die balans tussen stilte en die besige gejaagdheid van die lewe en dan nog die passies (jou hartsbegeertes) wat jou ook so jag vir aandag...

"Die storm en die stilte
Die son en die maan
Daar's altyd twee kante
Wat in ons bestaan"
...Stef Bos

Saturday, October 10, 2009

botanies van 'art'




Random botaniese tekeninge van die internet..
Gerhard Marx, 'n kunstenaar van Oudtshoorn praat in 'n onlangse tydskrif artikel daaroor dat kuns vir hom 'n manier is om sy geesdrif uit te leef...
Sjoe.. en het my geesdrif nie uitgespring en om my kom dans met vanoggend se 1ste botaniese tekenklas nie!..
Onder leiding van Marieke Kruger sit 12 van ons met ritse lang papiere en 'n hibiskus blom aan 'n tak voor ons... 2ure van fokus op detail... en regtig kyk... van naderby... vir my (sonder teken agtergrond) 'n geweldige uitdaging... maar met baba-treetjies verbaas ek myself en ek kyk met 'n glimlag hoe geesdrif sy dansies maak...
"People say talent is the thing. I don't believe so, I think longing is" Judith Mason