Sunday, February 28, 2010

Botany for the artist




Loop hierdie stunning boek raak in Cavendish se Exclusive's se altyd verrassende kuns-afdeling...
"The greatest thing a human soul ever does in this world is to see something, and tell what it saw in a plain way. Hundreds of people can talk for one who can think, but thousands think for one who can see. To see clearly is poetry, prophecy and religion, all in one" ...John Ruskin
"If you spend just one hour drawing a plant, you will understand it far better than if you spent the same hour only looking at it. There is something in the physical act of drawing, the coordination of the hand and eye, and the translation of sensory experience into marks and lines that reveals an entirely new way of seeing." ...Susan Simblet

Friday, February 26, 2010

Woordfees: Uys Krige











Vanmiddag vier die Woordfees 100jr met Uys Krige... Amanda Botha gesels met Greta Fox (sy susterskind) en met Eulalia (sy dogter)...
'n Hele ry word gevul met al die familie wat die geleentheid bywoon...
Soveel staaltjies word vertel... van die dae toe Uys Abisinia toe is as oorlogskorrespondent... nadat hy siek geword het daar (na 7md'e) kom hy terug met die hospitaal skip... net om na sy herstel weer oppad te wees ...hierdie keer na die Libiese woestyn ... waar hy gevang en in 'n tipe konstrasiekamp aangehou word... hier begin hy oa 'n koerantjie... na die Italianers onttrek vlug hulle...
Sy pa is Japie Krige die rugbyspeler... en vandaar Uys se liefde vir rugby... alhoewel hy "'n bietjie stadig was vir die rugby in SA" speel hy wel semi-profesioneel in Frankryk...
Baie van die familie onthou die dae toe Uys en Jack Cope 'n huis gedeel het in Clifton... die "salon" op die strand elke middag/aand... met oa Ingrid Jonker wat deel is van die vriendekring...
Later jare gaan woon Uys in "Swart dakkies" sy huis in Onrus... Jan Rabie vertel van "die stryd van die tong" tussen Marjorie en Uys... albei het baie gepraat... wanneer hulle saamgekuier het... het beide hul eie storie gepraat... maar wel mekaar se stories gevolg!...
'n Oorsese joernalis word aangehaal nadat hy Uys ontmoet het; " Uys is completely uninhibited and has his own code of living..."

Saturday, February 06, 2010

Vanilla Concrete..











beelde van die keramiekware van Vanilla Concrete se webtuiste

Vanoggend vat ons die pad SomersetWes toe... die keramiek werk van Vanilla Concrete trek al 'n geruime tyd my aandag... en vanoggend het ons hul fabriekswinkeltjie gaan besoek... dis 'n entjie uit Somerset Wes in die Sir Lowry's pas dorp gebied...
Die fabriekswinkeltjie het nie so 'n groot verskeidenheid nie... maar oorgenoeg om die kreatiewe te betower...

Friday, February 05, 2010

Marieke Prinsloo...







Na 'n gesprek in my kunsklas oor Marieke se uitstalling die 14de in Franschoek.... dwaal ek vanoggend bietjie op haar half klaar webtuiste rond en vind baie vreugde in die vorme en lyne van haar beelde... Die beeld hierbo is een van my gunstelinge... die woorde het my verlei...

Monday, February 01, 2010

Kreatiewe fun...


Sien onlangs kussings met die mooiste designs op... heel hewig geprys.... en net daar ontstaan 'n idee om meer eenvoudige designs te maak (net silhoeette) ... doenbaar met vilt, lint en 'n eenvoudige stippel-steek...
Die roos kussing word 'n verjaardag geskenk vir 'n vriendin met eklektiese smaak.... en die ander 'n visuele boodskap oor Afrika-wortels aan iemand wat na 'n kuier in SA terug vertrek na Engeland...