Sunday, March 18, 2012

My belewenis van John Kannemeyer - Woordfees 2012

Lucy Graham (verbonde aan die Engelse departement, US), lewer 'n inleiding oor die werk van J.M. Coetzee, terwyl Hannes van Zyl (verantwoordelik vir die redaksionele versorging van die J.M. Coetzee biografie deur Kannemeyer)  meer vertel oor hierdie J.M. Coetzee biografie.

Louise Viljoen gesels oor Kannemeyer se vroeer loopbaan, Wium van Zyl ('n naby vriend) gesels oor sy latere jare en Herman Gilliomee oor sy bydrae as biograaf.

By die pas afgelope Woordfees woon ek 2 gesprekke oor John Kannemeyer en sy werk by.

Die program vir die Woordfees was reeds laasjaar klaar gedruk en die plan was dat John Kannemeyer, gevierde litere^re historikus in die een praatjie sou verduidelik hoe sy pad geloop het tot op hede waar hy pas die biograaf van J.M. Coetzee geword het...
...in die ander sou hy die sluier lig oor hierdie biografie van J.M. Coetzee wat later vanjaar verskyn.

Hierdie gesprekke is beide binne die bestek van ‘n uur elk gedoen. Wat helemal te kort blyk te wees, maar dis beplan voor Kannemeyer se dood op 25 Des 2011 en hy sou self teenwoordig wees... nou sou mens graag meer tyd aan hierdie gesprekke wou gee... ek kry die gevoel dat emosies nog vlak le^ na sy skielike dood en dat mense graag langer sou wou vertoef met gedagtes oor hom en sy formidabele werkswyse...

Ek deel graag 'n klompie aanhalings wat van die sprekers in die selfde asem as John genoem het:

“Hy het sy taak met ‘n heilige erns opgeneem”

“Hy het niks sonder Nederlandse stiptheid aangepak nie”

“Sy produktiwiteit was onvergelykbaar”

“Hy was ‘n absoluut deeglike leser en optekenaar”

“Hy het medoenloos gelewe vir sy werk”

“Hy het ongelooflik vooruitbeplan”

“Hy was ‘n gedugte krygsman van sy vak”

“Hy had die instink van ‘n goeie speurder”

“’n Perfeksionistiese verwoede werker”

“Onbeskaamd homself”

“Hy was ‘n askeet, wat 4am opgestaan het, 8 ure gewerk het, vroeg mid weer gaan slaap het en dan nog 8 ure gewerk het. Hy wou 2 dae se werk in 1 dag gedoen kry!”

Saammet Wium van Zyl het Kannemeyer baie bekend geword vir hulle litere^re toere.  Almal wat die toere meegemaak het was baie beindruk met John se kennis oor die omgewing en die letterkunde.  Ek loop ‘n dame raak wat ook al op so ‘n toer was en sy onthou hoe sy soos ‘n ‘kind’ gevoel het, want hul selfone moes af wees en hulle mog glad nie gesels het nie!  Maar so was sy wel op vele van hierdie toere en was die ervaring groot.

Herman Gilliomee vertel van John se vele biografiee wat hy al aangeteken het, Leipoldt, Jan Rabie, Ettienne le Roux (seker tot op datum sy beste!).  Die groot ene het hy pas voltooi voor sy dood, ‘n biografie oor JM Coetzee.
Dis ‘n grootse projek wat hy aangepak het.  Van JM Coetzee se manuskripte is in die VSA , asook van sy vriende en hyself bly in Australie.  Dus vir ‘n begin moes Kannemeyer heelwat reis. 
Hy het hierdie biografie in 3 jaar voltooi!  Werklik uitsonderlik!

John was ook baie bekend vir sy oenskynlik kritiese geaardheid... wat vir my blyk te kom uit sy uiterse presiese aard. Blykbaar het hy reeds op skool aan Opperman ‘n brief geskryf om die setfoute in hul skoolhandboek uit te wys. Die handboek was saamgestel deur Opperman.

John Kannemeyer se familie is telkens teenwoordig... Santa, sy lewensmaat gesels graag met almal...

No comments: