Wednesday, March 07, 2012

Philip de Vos se 'Kop is op 'n blok'



Ek en Hennie Aucamp net buite die Boeketent (Woordfees 2012)

Philip se vertoning is soos om ‘n ‘show’ van jou gunsteling oom te gaan luister...  Hy gesels vermaaklik oor sy nuwe boek ‘Kop op ‘n Blok’...

Hy vertel dat daar 2 dinge is wat sy lewe verander het, die een ‘n fliek en die ander ‘n boek... 
‘Babe’ die film het hom so diep getref dat hy daarna volledig vegetarier geword het!
‘Krompie en Stompie’, ‘n kinderboek deur Pattie Beukes... ‘n storie oor skewe vuurhoutjies wat niemand wou gebruik nie... laat hom tot vandag toe nog 1ste die skewe en krom vuurhoutjies in ’n pakkie uithaal.

Vele staaltjies kom ook van Krieketstraat nr13 in Bloemfontein waar hy grootgeword het in die 1940’s... hier het sy ma oa bl 186 en 187 in die boek ‘Modern Medical counseler’ toegestik en was sy standerd 2 ogies so nuuskierig dat hy dit per geleentheid stadig daagliks begin lostorring het!

Hy vertel van ‘n meisie in sy klas wat ‘n opstel oor ‘n ‘velocipede’ geskryf het... en hoe hy vreeslik beindruk was met haar.  Hy het glad nie die woord geken nie en het dit dadelik in die woordeboek gaan soek net om te sien langs dit staan; ‘bicycle’.

Volgens hom was dit Kerneels Breytenbach wat voorgestel het dat hy limerieke begin skryf... en so volg ‘n groot nalatenskap van ‘versies’ een na die ander...

Philip is ook baie bekend vir sy sang.  Hy het sy 1ste sangles by Grace Butler gehad en sy 1ste rol was as Samuel die seerower en hy het die verhoog met ‘n sjimpanjee gedeel – wat totaal die mense se aandag gehad het!  Philip se^ hy weet nie of die mense hom ooit daar hoor sing het nie!
Hy het uiteindelik iets soos 40 operarolle gesing... en tong in die kies se^ hy, hy het altyd die hakkelende man of die man met die boggel gesing!

Uiteindelik toonset Albie Louw van Philip se versies en sing hy dit dan tot vele genot van almal wat dit hoor!

Net na die vertoning...  buite die Boeketent in die hartjie van die Woordfees sien ek my ‘litere^re hero’ ... Hennie Aucamp! Hierdie is die sjarme van die Woordfees... alhoewel die fees groot uitkring... loop mens om elke hoek en draai woord en kuns mense raak...    Marieta van der Vyfer... Amanda Strydom... Louis Janse van Vuuren... Santa, John Kannemeyer se lewensmaat... Daniel Hugo...  heel divers die versameling, maar dis soos dit gaan as jy ‘n rukkie in die Plataan kafee vertoef...  ook sien mens die Woordfees direkteur, Dorothea van Zyl oral raak in haar ‘groen’ uitrustings (‘groen’ die tema van die Woordfees – kom wys jou ware kleure!)...  

No comments: