Wednesday, May 07, 2008

'n Kuier rondom 'n storie


Ek beleef gisteraand saammet die res van die Bellville Boekklub ‘n wonderlike gasvrye aand by Diemersdal. Ons word bederf met heerlike kos; sop, quiche en broodjies saammet die stunning wyne van Diemersdal.
Ons boek van die oomblik, “We must talk about Kevin” lok baie lewendige bespreking uit en aan die einde van ‘n heerlike kuier aand word ons bederf met sjokolade en kaaskoek, asook ‘n glasie Port vir ‘n bietjie winterwarmte voor ons terug huis toe vertrek.
‘n Wonderlike aand saammet mense wat almal ‘woorde, stories en vertel’ as passies deel.

No comments: