Thursday, August 14, 2008

Aalwynboom

Hier hier
in Kan-nie-land
groei ‘n bitter
bitter aalwynboom
met bit-
bitter jare
agter sy rug.
Sy verlede sit
in kringe
dor om sy lyf.

Bo by
sy kruin
kroon sy blom
waar die heuningby
gaan en kom
want bitter alewee
dra ook
soetigheid
in hom mee.

- Hendrik Januarie

No comments: