Saturday, August 30, 2008

groet sonder woorde

tekening deur Mati Rose

Groet sonder woorde

Laat ons nie praat nie;
die tyd is verby.
Niemand is kwaad nie
en albei is vry.

Kom kyk deur die ruite:
die nag staan in blom.
Woorde hoort buite
want hartseer is stom.

Le^ jou kop daar teen 'n skouer;
laat jou hart sy paaie gaan.
Stilweg word ons wyser en ouer-
eendag sal ons dalk verstaan.

Maar tot die ryp kraak onder skoene
wat geen
ander haard of tuiskoms ken,
gun ek my nog visioene van een
wat die hele we^reld ken.

Jy hoor my nie meer nie;
ek se^ maar totsiens.
En sal jou nie steur nie;
ek loop ongesiens,
want jy is in oorde
waar drome nog blom.
Ek groet sonder woorde,
want hartseer is stom.

-Koos du Plessis (effens aangepas)

No comments: