Friday, August 01, 2008

Alison



Een van die webjournals wat ek al vir baie lank volg is die ene van Alison. Sy is in haar 20's en het 'n baie gekompliseerde kanker opgedoen, wat gewasse oral vorm. Vir 'n lang tyd, omtrent 2jaar, kon hulle die redelik gelokaliseerde gewas in haar ingewande heel goed in bedwang hou. Die kanker het die afgelope 2-3 maande geweldig toegeneem, met gewasse op haar brein en teen haar rugstring en oral in haar ingewande! Sy is op die oomblik baie siek - het oa gevoel en funksie van haar bene verloor en word die hele tyd redelik ernstig met pyn medikasie onder verdowing gehou. Haar man, Tom, verwoord hulle storie tans op sy blog en op hare. 'n Mens lees soveel betekenisvolheid raak in sy woorde die afgelope tyd. As mens deur so iets gaan kan jy sekerlik nie anders as om geweldig in diepte te groei nie!
Al wat ek hier ver in Suid Afrika kan doen... is om absoluut bewustelik in die oomblik te lewe... geweldig dankbaar te wees vir my ongekompliseerde lewe volgeprop van alles wat vir my lekker is... saammet 'n ongelooflike vriend en geliefde... saammet amazing familie ... saammet wonderlike vriende... dankie ...dankie ...dankie ...

No comments: