Saturday, August 30, 2008

groet sonder woorde

tekening deur Mati Rose

Groet sonder woorde

Laat ons nie praat nie;
die tyd is verby.
Niemand is kwaad nie
en albei is vry.

Kom kyk deur die ruite:
die nag staan in blom.
Woorde hoort buite
want hartseer is stom.

Le^ jou kop daar teen 'n skouer;
laat jou hart sy paaie gaan.
Stilweg word ons wyser en ouer-
eendag sal ons dalk verstaan.

Maar tot die ryp kraak onder skoene
wat geen
ander haard of tuiskoms ken,
gun ek my nog visioene van een
wat die hele we^reld ken.

Jy hoor my nie meer nie;
ek se^ maar totsiens.
En sal jou nie steur nie;
ek loop ongesiens,
want jy is in oorde
waar drome nog blom.
Ek groet sonder woorde,
want hartseer is stom.

-Koos du Plessis (effens aangepas)

Monday, August 25, 2008

Die tyd is nou! ...ja, jy!!

Foto deur Elaine
"The time is now..yes you.
lets be honest, if you dont keep your juices flowing, you will get all shrively. and you will forget your magic. yuck.
for the longest time you have been wishing you could explore the creative desires of your heart, but you have 547 reasons why you cant, or you shouldn't, and blah, blah, blah....
(p.s. ive done the same thing)
well enough already. today i paint mud on all the excuses and fears."
words from Jen Gray's blog

Saturday, August 23, 2008

exploring...

Marriana Booyens
Ek is baie opgewonde... binnekort gaan ek my eie kreatiwiteit saammet kleur en vorm en skakering en lyn explore ... ek gaan myself van binne bekyk en dit wat ek leer inmeng met die binneste wat ek ontdek ... ek gaan op ontdekkingsreise in myself ... en met liefde gaan ek myself van naderby bekyk ... met geduld gaan ek wees naby kleur en vorm en skakering en lyn ... ek wil hul elkeen apart ontmoet en tyd spandeer saammet hulle en die mens wie ek is wil ek met hulle deel ... en my wens is dat met tyd en vertroue en liefde sal hulle ook van hulself met my deel ...dit wat hulle weet my wees sal komplimenteer...

Thursday, August 14, 2008

Aalwynboom

Hier hier
in Kan-nie-land
groei ‘n bitter
bitter aalwynboom
met bit-
bitter jare
agter sy rug.
Sy verlede sit
in kringe
dor om sy lyf.

Bo by
sy kruin
kroon sy blom
waar die heuningby
gaan en kom
want bitter alewee
dra ook
soetigheid
in hom mee.

- Hendrik Januarie

Wednesday, August 06, 2008

On life and death...

From Tom, Alison's husband's, blog:
August 05, 2008

Set Sail
I am standing upon the seashore.
A ship at my side spreads her white
sails to the morning breeze and starts for the blue ocean.
She is an object of beauty and strength.
I stand and watch her until at length she hangs like a speck of white cloud
just where the sea and sky come
to mingle with each other.
Then, someone at my side says;"There, she is gone!"
"Gone where?"
Gone from my sight. That is all.
She is just as large in mast and hull
and spar as she was when she left my side
and she is just as able to bear her
load of living freight to her destined port.
Her diminished size is in me, not in her.
And just at the moment when someone
at my side says, "There, she is gone!"
There are other eyes watching her coming,
and other voices ready to take up the glad shout;"Here she comes!"
And that is dying.
-Henry VanDyke

Friday, August 01, 2008

Alison



Een van die webjournals wat ek al vir baie lank volg is die ene van Alison. Sy is in haar 20's en het 'n baie gekompliseerde kanker opgedoen, wat gewasse oral vorm. Vir 'n lang tyd, omtrent 2jaar, kon hulle die redelik gelokaliseerde gewas in haar ingewande heel goed in bedwang hou. Die kanker het die afgelope 2-3 maande geweldig toegeneem, met gewasse op haar brein en teen haar rugstring en oral in haar ingewande! Sy is op die oomblik baie siek - het oa gevoel en funksie van haar bene verloor en word die hele tyd redelik ernstig met pyn medikasie onder verdowing gehou. Haar man, Tom, verwoord hulle storie tans op sy blog en op hare. 'n Mens lees soveel betekenisvolheid raak in sy woorde die afgelope tyd. As mens deur so iets gaan kan jy sekerlik nie anders as om geweldig in diepte te groei nie!
Al wat ek hier ver in Suid Afrika kan doen... is om absoluut bewustelik in die oomblik te lewe... geweldig dankbaar te wees vir my ongekompliseerde lewe volgeprop van alles wat vir my lekker is... saammet 'n ongelooflike vriend en geliefde... saammet amazing familie ... saammet wonderlike vriende... dankie ...dankie ...dankie ...